Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 16 Februarie 2018

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-­GEMEENTES

BEROEP – Prop Wihahn de Beer na Standerton Moe­dergemeente, ds Bianca Renate van Graan van Migdol na Kenhardt.
AANVAAR – Ds Diek Venter van Port Natal na Merrivale; ds Nicolaas Coert Smit van Lynnwood­rif na Dalpark, Brakpan.

WES-KAAPLAND

Bevestiging

Ds Jannie Engelbrecht het die beroep na NG Ottery aanvaar en is op 4 Februarie in die gemeente bevestig. (Ds Jan H van Heerden, RS, 06.02.2018).

Emeritaat

Ds JH van Loggerenberg het op Sondag, 28 Janua­rie 2018, demissie met emeritaat ontvang by die NG gem De Rust. (Ds JM Fourie, RS, 31.01.2018).

NOORD-KAAPLAND

Bevestiging

Ds Ruan du Plooy is van Middelburg beroep na Postmasburg. Hy het die beroep aanvaar en het op 4 Februarie 2018 sy intreepreek gelewer. (Maryna Scholtz, Administratiewe Beampte, 23.01.2018).

Bevestiging

Dr Jacobus Stephanus Henning is in ’n vastetermynpos en ds Keydy O’Callaghan is in ‘n tentma­kerspos aangestel in die gemeente Bakenskop te Kimberley. Die bevestiging het plaasgevind op Sondag, 21 Januarie 2018, en is waargeneem deur ds Arina Zandberg. (Sandra Derks, Skriba, 29.01.2018).

Bevestiging

Prop Meyer van Wyk is op 21 Januarie 2018 met handoplegging bevestig in die NG gem Diamantveld, Kimberley. Sy intreepreek het op Sondag, 21 Januarie 2018, plaasgevind. (Maud Bester, Kantoorbestuurder, 30.01.2018).

KWAZULU-NATAL

Bevestiging

Ds Diek Venter word op Saterdag, 3 Maart 2018, in die NG gem Merrivale bevestig. Hy lewer sy intreepreek op Sondag, 4 Maart 2018, om 9 uur. (Marieta van Schalkwyk, Voorsitter Kerkraad, 06.02.2018).

VRYSTAAT

Bevestiging

Ds SJ van Heerden is op 19 Januarie 2018 in die NG gem Vrede-Wes bevestig. (JT Kemp, Skriba, 21.01.2018).

GOUDLAND

Bevestiging

Ds Izak Johannes van Zyl, voorheen van Blouwaterbaai, Port Elizabeth, is op 4 Februarie 2018 as leraar in die NG gem Lichtenburg (Klipkerk) bevestig. Ds Rudi van Tonder van Sherwood, Port Elizabeth het die bevestiging waargeneem. (Ds BC Botha, Skriba, 30.01.2018).

Bevestiging

Ds Theuns Steyn word as leraar in die NG gem Glaudina op 18 Februarie 2018 om 08:00 bevestig. (Yvette Geldenhuys, 02.02.2018).

HOËVELD

Bevestiging

Prop Jeanine Hepburn is as leraar in die NG gem Kempton-Hoogland op Sondag, 21 Januarie 2018, bevestig. Haar intreepreek het ook by die geleentheid plaasgevind. (Hendrika van Staden, 17.01.2018).

Bevestiging

Ds Natalia Visagie het die beroep ontvang en aanvaar na NGK Alberton-Suid. Haar bevestiging sal plaasvind op 4 Maart 2018. Sy was werksaam in NGK Randburg-Suid (Ring van Linden). Haar afskeidspreek is op 18 Februarie 2018. (Neil du Plessis, leraar, 25.01.2018).

Emeritaat

Dr Philip Venter van die NGK Fairland emeriteer op Sondag, 4 Maart 2018. (Neil du Plessis, leraar, 25.01.2018).

Emeritaat

Ds Francois P Human, tans Tentmaker in die NG gem Secunda, emeriteer op 1 Maart 2018. (Anne Human, 31.01.2018).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top