Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Prof Thuli Madonsela, vorige Openbare Beskermer van Suid-Afrika.

Wees self die leiers, sê Thuli

“Neem die eerste stap na ’n wêreld waarin jy wil leef.”

Só het prof Thuli Madonsela, vorige Openbare Beskermer van Suid-Afrika, gesê tydens die jaarlikse Teologiese Dag van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die tema van die dag was: “Onverskrokke woord en daad in hierdie tyd: teologie, etiek en burgerlike moed”. Madonsela, wat per video haar toespraak gelewer het, beklee van Ja­nua­rie 2018 af die leerstoel van sosiale geregtigheid in die Fakulteit Regte aan die US.

“Wanneer ons praat van ’n tyd soos hierdie, erken ons dat ons in ’n geweldige gebroke wêreld lewe. In 2017 het ons van die grootste uitdagings rondom dade van etiek en demokrasie op nasionale en internasionale vlak beleef. Hoe hanteer ons die uitdaging van armoe­de en ongelykheid in ons land?” het Madonsela gevra.

Madonsela sê die antwoord is om soos die tema lui “onverskrokke” op te tree. “Eienaarskap is ’n groot kwes­sie in ons land,” sê sy.

Sy het die gehoor uitgedaag om eties en met integri­teit te leef. “Hierdie is die tyd om as etiese leiers te lei. Die meerderheid van die uitdagings in ons land het te doen met die gebrek aan etiese en geskikte leierskap. As ons wil strewe na ’n land waar almal gelyke kanse het, moet ons terugkeer na lewens van etiek,” sê sy.

“Hoe keer ons terug na ’n etiese land? Die eerste stap is om jouself as ’n leier te beskou. Jy het nie ’n titel no­dig om ’n leier te wees nie. Elke persoon het sfere van in­vloed en van al die mense wat jy kan beïnvloed is daar ten minste één persoon vir wie jy kan lei – jouself.”

“Dit is ons tyd om te lei. Die mense vir wie ons wag om ons gebroke wêreld te verander, is bloot onsself,” het Madonsela die digter June Jordan aangehaal.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top