Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Francois Retief aan die woord by die voetsoolsinode in Pretoria. Die skets op die skerm agter hom dui skematies aan waaroor missionale kerk­wees gaan. Onderaan staan: Kom in en word deel – word verander – maak ’n impak. In die middel van die hart is ’n simbool wat die Drie-eenheid voorstel. Dit is die uitgangspunt vir die missionale beweging. Dit werk in die hart (die persoonlike lewe), in die huis (wat die gesin voorstel) en in die kerkgebou (wat die georganiseerde godsdiens verteenwoordig). Van al drie vlakke af gaan die beweging na die wêreld toe uit.

Vers 5 wou nie weggaan nie

Van die ontstaan van die Oostelike Sinode af is daar klem daarop gelê dat die kerk ’n verskil in die wêreld moet maak, het ds Francois Retief, uitvoe­rende amptenaar van die Oostelike Sinode, tydens hulle voetsoolsinode in Pretoria gesê.

Hy het daarop gewys dat die sinode slagspreuke gehad het soos “Van oorlewing na impak” en “Met die Lig na die gemeenskap”.

Hy het ook beklemtoon dat dit ’n proses, ’n reis is.

Retief het gesê die benadering van missionale kerkwees berus op baie diep oortuigings. “Wat lê ten diepste in die hart van God?” het hy gevra en toe geantwoord: “Hy reik uit. Hy raak lewens aan. Hy gee geloof. Hy gee sy Seun. En dan sê Hy: ‘Gaan maak ’n verskil.’ “

Hy het aan die voetsoolsinode vertel hoedat hy dit op ’n dag besef het terwyl hy besig was om te werk aan ’n preek. Die teks was Paulus se loflied oor Jesus in Filipense 2:5-11.

Dis ’n lekker stukkie dogmatiek wat ’n mens mooi kan verduidelik, het hy gedink – dié gedeelte oor Jesus wat nie vasgeklou het aan sy goddelikheid nie, wat Homself verneder het deur soos ’n slaaf te word, en nog verder tot by die dood aan die kruis, voordat God Hom weer tot die hoogste eer verhef het.

Maar toe tref vers 5 hom: “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was …”

Jesus het Homself weggegee, leeg gemaak, Homself verneder. En nou skryf Paulus dat gelowiges dieselfde moet doen.

Retief het gesê dis moeilik. Iets in hom het geprotesteer. Maar vers 5 wou nie weggaan nie.

Dit het by hom iets tuisgebring van waaroor missio­nale kerkwees gaan.

Lees ook Die doel is om die evangelie uit te dra en Tekste vir missionale kerkwees.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top