Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Is vergifnis afgehandel?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Jan Venter van Johannesburg skryf:

Ek verwys na die artikel in Kerkbode van 2 Maart 2018, “Vergifnis vind plaas as dit gevoel word”.

Beide doktore Dion Forster in sy boek en Wilhelm Verwoerd met sy gesprekvoering, spreek ongelooflike waarhede aan rakende vergifnis. Die artikel spreek die vergifnisproses baie duidelik aan asook die paaie uit wat nog gevolg sal moet word deur Suid-Afrikaners om te verenig en een nasie te word. Ons is regtig nog glad nie op daardie bladsy nie.

Dit is vir my moeilik om die kloutjie by die oor te bring rakende daadwerklike aksie in verband met nasiebou, die verwagte vergifnisproses en die “Groot Vergifnis Sinodale Poginge”. Ter herinnering verwys ek na die Algemene Sinode se vergifnisdebat rakende apartheid so ’n paar jaar gelede. Dit is vir my interessant dat na hierdie sinodale poging daar glad nie praktiese uitvoerbare vergifnisriglyne na gemeentes en lidmate afgewentel was nie. Die boodskap was baie dui­delik: “Ons het vergifnis gevra en nou is ons klaar met apartheid”.

Meer onlangs het die gay-kwessie na vore gekom en dit wil voorkom asof die kerk nog nie hierdie hekkie kan oorkom nie. Vergifnis vra het blykbaar perke.

Die kerk het reeds vergifnis gevra en die sake is nou afgehandel, of is dit?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top