Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Ettienne Engelbrecht van Drie Riviere-Oos na Heuwelsig, Bloemfontein; ds MS Marais van Danskraal, Ladysmith na Drakensberg-Vallei, Newcastle; ds Stephanus Johannes Naudé van Riviersonderend na Newtonpark, Port Elizabeth.
AANVAAR – Ds Frederick Johannes Greeff (emerituspredikant) na Nuwerus; ds Nadine Jacobs van Wolmaransstad na Murraysburg.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Ds Elmo Evert van die NG gem Nieuwoudtville het die beroep na die NG gem Lutzville aanvaar. Hy begin 1 Mei 2018 as leraar op Lutzville. (Gloudie Laubscher, Skriba, 04.04.2018).
KWAZULU-NATAL
Aftrede
Ds Philip Meyer wat 28 jaar deel van die NG gem Hayfields was, het op 31 Maart 2018 afgetree. (Louisa Hattingh, Gemeentebestuurder, 13.03.2018).
Emeriteer
Ds RF Erasmus, leraar van NG gem Drakensberg-Vallei, Newcastle, se uittreepreek het op Sondag, 25 Februarie 2018, plaasgevind en hy het ook sy Akte van Demissie ontvang. (Ds Q Groenewald, RS, 14.03.2018).
Ds C Rossouw van die NG gem Empangeni ontvang sy Akte van Demissie by emeritaat op 22 April 2018 tydens die erediens. Dit is geldig vanaf 30 April 2018. (Deseré de Beer, 15.03.2018).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds Gideon Lamprecht van Ladybrand-Noord is beroep en het die beroep aangeneem na Bethlehem-Panorama. Sy bevestiging sal DV in April plaasvind. (Tertius Lamprecht, RS, 07.03.2018).
Ds Hans Griesel van Koppies word op 6 Mei 2018 in ‘n vastetermynpos as leraar in die NG gem Hertzogville bevestig. (Martie de Koker, Skriba, 23.03.2018).
Emeriteer
Dr HJ Kleynhans van Sasolburg-Vier Ankers emeriteer op 30 April 2018. Hy ontvang sy Akte van Demissie op Sondag 22 April 2018. (Willem Burger, RS, 07.03.2018).
Ds HM Janse van Rensburg van Villiers het op 25 Maart 2018 die Akte van Demissie ontvang met die oog op emeritaat op 31 Maart 2018. (JT Kemp, Skriba, 26.03.2018).
GOUDLAND
Bevestiging
Dr H Gouws (emerituspredikant) het die beroep as brugleraar aanvaar en is op 15 April 2018 te NG gem Drie Riviere bevestig deur ds Jollie Theron. (Isabel Badenhorst, Saakgelastigde, 13.03.2018).
NOORDELIKE SINODE
Bevestiging
Ds Johan Albert Burger het die beroep na Wonderboom-Suid aanvaar. Sy bevestiging en intreepreek het op Sondag, 8 April 2018, plaas-gevind. (Susan van As, Sekretaresse, 27.03.2018).
HOëVELD
Bevestiging
Ds Willie Crous (Willem Christoffel) het die beroep na die NG gem Brenthurst in Brakpan aanvaar en is op 7 April 2018 bevestig. (Tina Olivier, Saakgelastigde, 08.03.2018).
Prop Wihahn de Beer het die beroep na NG Standerton-Moedergemeente aanvaar. Hy word op 5 Mei 2018 bevestig in die gemeente en lewer sy intreepreek op Sondag, 6 Mei 2018. (Ceska van Huyssteen, Saakgelastigde, 15.03.2018).
OOSTELIKE SINODE
Bevestiging
Dr Theunis Christiaan Ackermann het die beroep as vastetermynleraar na Silvertonkruin aanvaar. Sy dienstermyn strek vanaf 01 April 2018 tot 30 Junie 2019. Sy intreepreek het op 15 April 2018 by Silvertonkruin plaasgevind. (Manda Booyse, Administratiewe beampte , 03.04.2018).
NAMIBIë
Bevestiging
Ds Du Bois du Toit is bevestig as predikant in die NG gem Windhoek-Suiderhof en het met ingang 1 Januarie 2018 diens aanvaar. (Ds R Smit, 02.04.2018).
