Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus, 4 Mei 2018

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-­GEMEENTES

BEROEP – Ds  Ettienne Engelbrecht van Drie Riviere-Oos na Heuwelsig, Bloemfontein; ds MS Marais van Danskraal, Ladysmith na Drakensberg-Vallei, Newcastle; ds Stephanus Johannes Naudé van Riviersonderend na Newtonpark, Port Elizabeth.

AANVAAR: Ds Stephanus Johannes Naudé van Riviersonderend na Newtonpark, Port Elizabeth; Ds PC Pretorius van Fochville-Noord na Moreletapark.

WES-KAAPLAND

Bevestiging

Prop Annelet Slazus het die beroep na NG gem Wellington-Oos vir ‘n twee jaar vastetermynpos aanvaar. Sy word op 6 Mei 2018 bevestig waartydens sy ook haar intreepreek gaan lewer. (JFW Claassen, ringskriba, 19.04.2018).

Ds WH Immelman van die gem Rustenburg-Bergsig het die beroep na Ashton aanvaar en sy bevestiging en intreepreek vind plaas op Sondag, 27 Mei 2018, om 09:30 (Este Viljoen, 16.04.2018).

Emeritaat

Ds JG van Tonder het op Sondag, 22 April 2018, demissie met emeritaat ontvang by NG gem
Calitzdorp. (Alet de Necker, skriba, 23.04.2018).

OOS-KAAPLAND

Bevestiging

Ds Nadine Jacobs is op Sondag, 22 April 2018, in die gemeente Murraysburg bevestig (Renée Swanepoel, skriba, 16.04.2018).

Ds Stephanus Johannes Naude van NG kerk Riviersonderend het die beroep na NG kerk Newtonpark, Port Elizabeth aanvaar.  Hy word op 6 Mei 2018 bevestig wanneer hy ook sy intreepreek sal lewer (Ds JS Marais, Konsulent, 16.04.2018).

KWAZULU-NATAL

Emeritaat

Ds SDM Schoeman van die NG gem Eshowe ontvang sy Akte van Demissie by Emeritaat op 13 Mei 2018 tydens die erediens (Deseré de Beer, 19.04.2018).

VRYSTAAT

Bevestiging

Ds G Marx is op 15 April 2018 bevestig in die gemeente Warden (JT Kemp, skriba, 15.04.2018).

Kennisgewing

Die Kuratorium van die NG Kerk in Vrystaat lê ingevolge Regl 10.3.1.5-6 die benoeming en akkreditering van dr L Sutton as teologiese dosent in die Departement Ou- en Nuwe-Testamentiese Studies aan die Universiteit van die Vrystaat, voor vir approbasie (Johann Kemp, skriba: Kuratorium, 19.03.2018).

GOUDLAND

Bevestiging

Ds NG Sennett (emeritusleraar) is beroep na die NG gem Wolmaransstad vir ‘n vaste termyn van  1 (een) jaar vanaf 1 Mei 2018, welke beroep hy reeds aanvaar het. Sy bevestiging vind plaas op DV 20 Mei 2018 (EM Nieuwoudt, skriba, 17.04.2018).

HOëVELD

Bevestiging

Ds Rudolph van der Westhuizen van Dalpark het die beroep na NG Fairland aanvaar. Hy tree in diens op 1 Mei 2018. Sy bevestiging en intreepreek vind plaas op 6 Mei 2018 en word waargeneem deur ds Hennie Pienaar van Dalpark (Marié Venter, Saakgelastigde, 12.04.2018).

OOSTELIKE

Sinodesitting

Die 18e sitting van die NG Kerk Oostelike Sinode vind plaas op 21-23 Oktober 2018 by die gemeentesentrum van die NG Kerk Pierre van Ryneveld (FJ Retief, Uitvoerende Amptenaar, 13/04/2018).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top