Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
Beroep: Ds Cornel Viljoen van Houtbaai na Ellisras-Wes.
AANVAAR: Ds Mias van Jaarsveld van Bethlehem-Wes na Heuwelsig; ds Wynand Marc Breytenbach van Durbanville-Bergsig na Durbanville.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds René Potgieter van die NG Gamkavallei te Beaufort-Wes het die beroep na NG gem Stellenberg aanvaar. Haar afskeidspreek is op 15 Julie en sy word op Sondag, 29 Julie 2018 tydens ’n gesamentlike oggenddiens bevestig. (Fritz Brand, Bestuurder: Administrasie, 08.06.2018).
EMERITAAT
Ds Lourens Erasmus van Vuuren het sy akte van demissie by emeritaat ontvang te Heidelberg en dit is geldig vanaf 30 Junie 2018. (MH le Roux, Voorsitter: Ringskommissie, 19.06.2018).
STERFTE
Emeritus Stephanus Johannes Fouché is op 10 Junie oorlede en sy begrafnisdiens het op 13 Junie plaasgevind te Stellenbosch-Wes gemeente. (Marais Roux, 15.06.2018).
NOORD-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds MCE Dames is in die begin van Januarie 2018 bevestig as leraar van die gemeente Reivilo en op 1 Julie 2018 aanvaar hy diens in die Reivilo-Goedvertrou kombinasie. (Hannelie v Zijl, Skriba, 27.06.2018).
Ds CF van der Linde van Petrusburg het die beroep na NG gem Vryburg-Wes aanvaar en word op 26 Augustus 2018 bevestig. (Ds PG Nel, 06.07.2018).
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Ds Jannie Schuler, voorheen van NG gem Gelofte, Ladysmith, is op vastetermynpos na NG gem Danskraal, beroep. Hy is op Sondag, 24 Junie 2018 in die gemeente bevestig deur ds Gerhard de Lange. Die verwagting is dat die oorblywende twee gemeentes in Ladysmith binne drie jaar sal saamvloei. (Lourens Schoeman, Konsulent, 20.06.2018).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Prop Johannes Petrus Koen is op 15 Junie 2018 deur ds JJ Louw met handoplegging bevestig as medeleraar in die gemeente Hoopstad. (Ds Jacques Louw, 20.06.2018).
GOUDLAND
BEVESTIGING
Prop Bea Otto het die beroep aanvaar na NG gem Migdol. Sy is op Sondag, 1 Julie 2018, bevestig in die gemeente. (Ds JA Jonker, Konsulent & ringskriba, 21.06.2018).
NOORDELIKE SINODE
RINGSVERGADERING
Die 31ste gewone sitting van die Ring van Sesmylspruit vind plaas op Maandag, 27 Augustus 2018 en Dinsdag, 28 Augustus 2018 om 18:30 te NG gem The Reeds. (Daniël de Vos, 26.06.2018).
Die 56ste vergadering van die Ring van Piet Potgietersrust vind plaas op 6 Augustus 2018 te Naboomspruit. (Ds PH Venter, Ringskriba, 29.06.2018).
HOËVELD
KENNISGEWING
Die twee gemeentes, Linden en Aasvoëlkop, word een op 1 Julie 2018. Sondag, 24 Junie 2018, het albei gemeentes hul afsluitingsdienste gehou en op Sondag, 1 Julie 2018, begin die nuwe gemeente met die naam Aan-die-berg. Linden is in Oktober 1936 gestig en Aasvoëlkop het op 10 Junie 1959 van Linden afgestig. (Jannie Theron, 19.06.2018).
RINGSVERGADERING
Hiermee word kennis gegee van die 31ste gewone vergadering van die Ring van Birchleigh op 4 Augustus 2018 te Norkempark in Kemptonpark. (Christo Brümmer, ringskriba, 16.06.2018).
