Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
Beroep: Prop Robert-John de Kock na PE Nooitgedacht; prop André Lammertyn na Tafelberg met opdrag Christelike Seemansorganisasie; ds Surina van der Berg van Steynsburg na Montana.
Aanvaar: Ds Diek (DJ) Venter van Port Natal na Merrivale.
WES-KAAPLAND
Emeritaat
Ds WJ van Zyl van NG Kerk Barrydale het te kenne gegee het dat hy einde September emeriteer. Sy afskeidspreek vind plaas op 23 September 2018 (Ds Gawie Gouws, Ringskriba, 16.07.2018).
NOORD-KAAPLAND
RINGSVERGADERINGS
Kennis van die 59ste vergadering van die Ring van Upington te Grootdrink op 27 Augustus 2018. (Ds Theunis E Smit, Ringskriba, 17.07.2018).
Die 56ste vergadering van die Ring van Warrenton vind plaas op 3 September 2018 te NG Kerk Jan Kempdorp. (Ds Annatha Nel, Ringskriba, 23.07.2018).
KWAZULU-NATAL
Bevestiging
Ds Francois Maritz word op Sondag, 29 Julie, bevestig as medeleraar van NG Hayfields in ’n drie jaar vastetermynpos (Louisa Hattingh, Gemeentebestuurder, 17.07.2018).
Emeritaat
Dr Alwyn Landman het aan die einde van Mei 2018 sy emeritaat ontvang van die Westville-gemeente. Hy het saam met sy seun Wynand verhuis na Skotland waar dr Landman sy bediening verder gaan uitleef in die Skotse Kerk. (Marietjie Marais, Ringskriba, 17.07.2018).
Ds Desmond (DN) Ras het aan die einde van Mei 2018 sy emeritaat ontvang van die gemeente Durban Smitstraat en Berea. Ds Ras het ’n verdere driejaar kontrak met die gemeente gesluit en sal voltyds in die pos staan en die twee gemeentes bedien. (Marietjie Marais, ringskriba, 17.07.2018).
Ds Johann (RHJ) Venter ontvang DV sy emeritaat aan die einde van Julie 2018 van die gemeente Berea. Ds Venter gaan steeds voort as finansiële beampte van Tuinsig Tehuis vir Bejaardes. (Marietjie Marais, Ringskriba, 17.07.2018).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds Werner Klindt van Smithfield het die beroep na Ladybrand-Noord aanvaar en word op 5 Augustus 2018 bevestig. (Danie Kleynhans, Konsulent, 19.07.2018).
Emeritaat
Dr Gerhard Botha ontvang demissie met emeritaat as leraar van NG gem Heuwelsig op 3 Augustus 2018. Dr Botha sal voortaan steeds die pos as Direkteur van die Shepherd Sentrum aan die Universiteit van die Vrystaat beklee. (Anmar Potgieter, 23.07.2018).
GOUDLAND
SAMESMELTING
Hiermee wil ons u net graag meedeel dat NG Herman Steyn en NG Unitaspark saamgesmelt het soos vanaf 1 Maart 2018 onder die naam van NG Unitaspark. Die samesmelting was die resultaat van ’n baie lang proses van samesprekings en onderhandelings deur die kerkrade olv die ringskommissie. Die kerkrade het op hul vergadering van 18 Januarie 2018 gelyktydig besluite geneem, waarna dit vir twee opeenvolgende Sondae afgekondig is vir approbasie. Die nodige kontrakte is opgestel en aan die ringskommissie voorgelê vir goedkeuring. Ds JJ Redelinghuys is die leraar by die gemeente. (Caroline Thomas, Saakgelastigde, 12.07.2018).
OOSTELIKE SINODE
Bevestiging
Dr GJPJ (Gert) van der Merwe word op 22 Julie 2018 bevestig as medeleraar vir die gemeente Lynnwoodrif. (Sanelda Putz, Sekretaris, 23.07.2018).
REFORMED CHURCH IN AFRICA
SINODESITTING
Die 13de sinodesitting van die Reformed Church in Africa word van 1 tot 7 Oktober 2018 gehou te RCA Jeshurun, Longcroft Rylaan 147, Eenheid 8, Phoenix, KZN om 09:00. (Rev Kovilan Moodley, 13.07.2018).
