Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
beroep: Ds GS Botha van Durban-Wes na Westville; ds Marius Combrinck van Ventersdorp-Oos na Senekal; dr GJ Duursema na Kimberley Bet-El; prop Danielle Laubscher na Mondeor; ds Martin Steyn van Drieankerbaai na Citrusdal; prop Stanwin Street na Riviera-Jakaranda.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Prop Andre Lammertyn word op 16 September tydens die erediens om 09:30 georden en bevestig in Tafelberg NG gemeente as predikant met opdrag Christelike Seemansorganisasie. Alle belangstellendes welkom. (dr Chris Saayman, leraar, 13.08.2018).
RINGSVERGADERING
Kennis geskied hiermee van die 50ste gewone vergadering van die Ring van Namakwaland te Port Nolloth NG gem op 16-17 September 2018. (Ds Nadine Maletzki, Ringskriba, 27.08.18).
OOS-KAAPLAND
Kennisgewing
Die 148ste gewone vergadering van die Ring van Graaff-Reinet (Ringsitting 2018) is gehou te Jansenville op Dinsdag, 4 September 2018, en Woensdag, 5 September 2018. (Kobus Eksteen, Ringskriba, 26.08.2018).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds Theunis de Bruin, voorheen van Kamieskroon, is op ’n vastetermynkontrak vir die periode 01/09/2018 – 31/08/2019 aangestel in die NG gem Rouxville. Sy bevestiging het plaasgevind op Vrydag, 31 Augustus 2018, en sy intreepreek op Sondag, 2 September 2018. (Martie Raubenheimer, Skriba, 21.08.2018).
KWAZULU-NATAL
RINGSVERGADERING
Die 80ste gewone sitting van die Ring van Pietersburg/Polokwane vind plaas op Sondag, 19 Augustus 2018, om 16:00 te NG gem Pietersburg. (Wynand van Beek, Ringskriba, 13.08.2018).
GOUDLAND
Bevestiging
Die 11de gewone sitting van die Ring van Potchefstroom is gehou by NG gem Ventersdorp-Oos op 3 September 2018 om 17:00. (Dawfré Theron, 16.08.2018).
OOSTELIKE SINODE
Emeritaat
Hiermee gee die Ring van Middelburg kennis dat ds JC van Rooyen, tans leraar te Middelburg-gemeente, op 31 Oktober 2018 emeriteer. (Ds JH Potgieter, Skriba, 27.08.2018).
