Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
Beroep: Ds Hannes du Plessis van Reitz na Universitas-Wes; Miga Coetsee van Ruiterwacht na Murray gemeente; ds Johannes Zacharias (Hanri) Joubert van Britstown na Gansbaai; ds J Dickason van Durbanville na La Rochelle; ds Henry Stopforth van Rondekerk, Secunda na Die Strand; ds Nico van Rensburg van Teteléstai na Potchefstroom.
Aanvaar: Dr JJ de Bruyn van Bergville na Dundee-Suid.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Prop Helgard Meyer Pretorius het die beroep aanvaar na die NG gem Pinelands. Die bevestiging het plaasgevind op Sondag, 14 Oktober 2018. (Ds JH van Heerden, Skriba, 28.09.2018).
RINGSVERGADERING
Die 124ste gewone vergadering van die Ring van Beaufort het plaasgevind vanaf 14-15 Oktober 2018 by die NG gem Leeu-Gamka. (Ds Herman Burger, RS, 08.10.2018).
RINGSVERGADERING
Die 52ste gewone vergadering van die Ring van Piketberg het plaasgevind op Maandag, 15 Oktober 2018, te Piketberg. (Ds JC van Schoor, RS, 19.09.2018).
EmeritAAT
Ds Daan (DM) Fourie, tans leraar van die NG gem Ladismith (Wes-Kaap), emeriteer op 30 November 2018. Sy afskeidspreek sal plaasvind op DV Sondag, 25 November 2018. (Lisbe Rossouw, Skriba, 07.09.2018).
NOORD-KAAPLAND
Bevestiging
Ds Hennie de Kock het die beroep na die NG gem Kalahari in Hotazel aanvaar. Sy aanvangsdatum is DV 1 November 2018. (Yvonnette Wessels, 17.09.2018).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds Anton Nadel van Bellville is in die vastetermyn leraarspos van twee jaar beroep na NG gem Fauresmith, in kombinasie met NG gem Jagersfontein. Hy het die beroep aangeneem en word DV op Sondag, 14 Januarie 2019, as leraar van Fauresmith en Jagersfontein bevestig. (Dr Christo Herbst, Konsulent, 19.09.2018).
GOUDLAND
RINGSVERGADERING
Kennis geskied hiermee dat die 61ste gewone vergadering van die Ring van Vereeniging op 15 Oktober 2018 om 18:00 te Three Rivers Lodge, Golfweg, Drie Riviere plaasgevind het. (Ds CCJ (Chris) Olivier, RS, 17.09.2018).
HOËVELD
Bevestiging
Prop Danielle Charné Laubscher is op Sondag, 16 September, tydens ’n erediens, tot die kerkverband bevestig met handoplegging deur dr Gideon Kok, leraar van die NG gem Mondeor. (Dr Gideon Kok, leraar, 19.09.2018).
EmeritAAT
Prof HF Stander emeriteer op 1 September 2018.
OOSTELIKE SINODE
Aftrede
Ds JC van Rooyen tree aan die einde van Oktober 2018 af. Sy afskeidspreek vind plaas op 28 Oktober 2018. (Hester Groenewald, 28.09.2018).
