Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEP: Dr Andries Cilliers van Sonstraal na Drieankerbaai; prop W Smal na Kemptonpark-Oos; ds Frikkie van Niekerk van Lusaka in Zambië na Die Strand.
AANVAAR: Ds J Dickason van Durbanville na La Rochelle; ds Hannes du Plessis van Reitz na Universitas-Wes; ds Johannes Zacharia Joubert van Britstown na Gansbaai.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Ds Jana Dickason word op 11 November 2018 in die NG gem La Rochelle, tydens die oggendiens, bevestig en lewer haar intreepreek tydens die aanddiens. (Charles Crafford, Gem bestuurder, 25.10.2018).
Bevestiging
Ds JG Grobbelaar van Wellington-Oos het ’n beroep na NG gem Prince Alfred Hamlet aanvaar. Ds Grobbelaar se afskeidspreek is Sondag, 11 November 2018, en sy bevestiging vind plaas in Prince Alfred Hamlet op Sondag, 18 November 2018. Baie geluk en baie sterkte. (Ds JFW Claassen, Ringskriba, 17.10.2018).
RINGSVERGADERING
Kennis geskied hiermee van die 14de gewone vergadering van die Ring van Brackenfell te Heidekoppie gemeente op 5-6 November 2018 (Anton Roux, Ringskriba, 19.10.2018).
Emeritaat
Ds Hennie (HC) van Wyk, tans leraar van die NG gem Swellendam, emeriteer op 30 November 2018. Sy afskeidspreek sal plaasvind op DV Sondag, 18 November 2018. (ds Gawie Gouws, Ringskriba, 15.10.2018).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds Anton Nadel het die beroep na NG gem Fauresmith, in kombinasie met NG gem Jagersfontein, aanvaar en word DV op Sondag, 14 Januarie 2019, as leraar van Fauresmith en Jagersfontein bevestig. (dr Christo Herbst, predikant, 17.10.18).
NOORDELIKE SINODE
Bevestiging
Prof GTM (Gert) Prinsloo het die beroep na NG gem The Reeds aanvaar en word op 14 Oktober 2018 in die gemeente bevestig deur ds JC (Johan) Avenant. (ds Johan Avenant, kerkraadvoorsitter, 15.10.2018).
