Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus, 16 November 2018

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEP: Ds Wessel Oosthuizen (emeritus) van Groblershoop na Griekwastad; ds Lourens Bester van Parke na Wellington.

AANVAAR: Ds Jandré Viljoen van Kuilsrivier-­De Eike na Ceresvallei.

WES-KAAPLAND

Bevestiging

Ds Johannes Zacharias Joubert van Britstown het die be­roep na Gansbaai aanvaar. Bevestiging vind plaas DV op Vrydag, 11 Januarie 2019. Intreepreek: Son­dag 13 Januarie 2019. (Wilna Swanevelder, Skriba, 01.11.2018).

VRYSTAAT

Bevestiging

Ds BA (Arnold) Nadel (emeritus) word op Sondag, 20 Januarie 2019 in ’n vastetermynpos (2 jaar kontrak) by die NG gem Fauresmith en Jagersfontein bevestig en nie op 14 Januarie 2019, soos vroeër berig is nie. Jammer vir die ongerief. (BA Nadel, 03.11.2018).

HOëVELD

Emeritaat

Hiermee word amptelik kennis gegee dat dr SJ Louw, leraar van die NG gem Eendracht, demissie en emeritaat ontvang op 30 November 2018. Sy afskeidspreek is op Sondag, 25 November 2018 om 9:00 in die NGK Eendracht. (dr SJ Louw, leraar, 06.11.2018).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top