Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 30 November 2018

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEP: Dr Roedolf Botha na Pretoria-Oosterlig; ds Frans Burger van Potchefstroom-Kandelaar na Rietfontein-Noord; ds Lounette Engelbrecht na Swellendam; dr Pieter Kruger van Nigel-Suid na Witfield; prop Bernice Serfontein na Waterkloof; ds Fay van Eeden van Lynnwood na Stellastraat; ds D Vermaak van Laeveld na die gekombineerde pos van Theunissen en Theunissen-Wes.
AANVAAR: Dr Andries Cilliers van Sonstraal na Drie­ankerbaai; ds AW Rothmann van Clocolan na Stilfontein-Sentraal; ds Frikkie van Niekerk van Lusaka na Die Strand.

WES-KAAPLAND

Emeriteer

Ds G van Schalwyk ontvang op 30 November 2018 demissie met emeritaat by NG gem Oudtshoorn. (ds JM Fourie, Ringskriba, 19.11.2018).

Hiermee gee die ring van Stellenbosch kennis dat ‘n akte van demissie by emeritaat verleen is aan dr Chris Jones, gekoppelde leraar van NGK Stellenbosch-Welgelegen. Die akte van emeritaat is op 21 November deur die ring aan dr Jones oorhandig en is geldig vanaf 1 Desember 2018. (ds Leon Cronje, Ringskriba, 20.11.2018).

Bedanking

Die NG gem Stellenberg het op 14 November 2018 ds Peter Kotze, jeugpredikant, se bedanking met diensbeëindiging op 31 Desember 2018 aanvaar. “As gevolg van verdere studies en ’n gevoel van roeping” het hy besluit het om amptelik as predikant van die NG gem Stellenberg te bedank met behoud van bevoegdheid as proponent in die NG Kerk. (Fritz Brand, Bestuurder: Administrasie, 19.11.2018).

NOORD-KAAPLAND

Bevestiging

Ds Hendrik Wessel de Kock is op Sondag, 4 November 2018, deur ds Kobus van Tonder bevestig by NG gem Kalahari (Hotazel). Ds De Kock het ook sy intreepreek gelewer. (Yvonnette, 09.11.2018).

Ds WJ Oosthuizen, emeritusleraar van Groblers­hoop, het die beroep na die NG gem Griekwa­stad aangeneem. (Maryna Strübchen, Skriba, 12.11.2018).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top