Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Jong CLF-ambassadeur dryf Bybelprojek

AMANZIMTOTI. Christelike Lektuurfonds (CLF) het onlangs ’n passievolle 13-jarige as hulle Bybel-ambassadeur aangestel en so het honderde Bybels kinders in KwaZulu-Natal in hulle moedertaal bereik.

CLF sê ’n artikel op Maroela Media van Shania-Lee Mayoss van Amanzimtoti het hulle oortuig om haar te kontak. In die artikel het sy vertel van haar droom om kinders deur ’n Bybel aan God se liefde bloot te stel. Haar passie het hulle oortuig om haar as hulle “Een miljoen Bybels”-ambassadeur aan te stel.

Volgens Thea Mayoss, Shania-Lee se ma, het sy tot dusver 259 Bybels uitgedeel. Die Bobbi Bear-sentrum vir kinders wat seksueel aangerand is, hospitale en selfs karavaanparke het reeds van haar ’n besoek ontvang.

Sedert die aanvang van die Een miljoen Bybels-projek is daar reeds 89 736 Bybels aan kinders in hulle moedertaal geskenk.

Besoek clf.co.za of skakel hulle by 021 873 6964 indien jy betrokke wil raak.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top