NG KERK
BEROEP: Ds Carel Gerhardus Pienaar van Middelburg na Randfontein-Wes; ds JS Wepener van Allanridge na Bethanie (Namibië).
AANVAAR: Ds Karlien van Wyk van Welgemoed na Nuwerus.
NG KERK
Ds Wiekus van Straaten, tans medeleraar van die NGK Uitenhage-Oos het ’n beroep as predikant aanvaar na St Ninian’s Church in die Kerk van Skotland in die Verenigde Koninkryk. Hy ontvang op 24 Februarie 2019 sy Akte van Demissie. (Danie Nel, Ringskriba, 21.02.19).
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Ds Jan Fourie het die beroep na NGK Outeniqualand aanvaar. Sy intreepreek vind plaas op 3 Maart 2019. (Merinda Duvenage, Skriba, 14.02.2019).
Ds Hanno Ackerman het die beroep as jeugleraar na die NG gem Stellenberg met ingang 1 April 2019 aanvaar. Hy sal tydens die oggenddiens van 7 April 2019 aan die gemeente bekendgestel word en daardie aand om 18:00 by die jeugdiens bevestig word. Ds Ackerman is tans jeugleraar by NGK Sonstraal. (Sanèl Joubert, 19.02.2019).
Emeritaat
Hiermee gee ek namens die kerkraad van die NGK Hermanus kennis dat ds Charel Christoffel Nel aftree op 30 April 2019. Sy afskeidspreek sal wees Sondag 28 April 2019. (EM Maree, Saakgelastigde, 12.02.2019).
Hiermee gee die NG Bestuurskomitee van Bredasdorp kennis dat ds Stan Voges op 28 Februarie 2019 sy emeritaat ontvang. (Francois Potgieter, Voorsitter, 12.02.2019).
Ds André O’Kennedy van NG gem Goudini het sy emeritaat ontvang en afskeidspreek (uittrede) gelewer op 10 Februarie 2019. (Skriba, 15.02.2019).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds Sias Werner Burger word op 2 Maart 2019 om 18:00 in die NGK Zastron as leraar bevestig. (Hannatjie vd Vyver, Skriba, 18.02.2019).
Emeritaat
Ds Christiaan Jonker Stoltz van die NGK Zastron het sy Akte van Emeritaat ontvang op 10 Februarie 2019. (Hannatjie vd Vyver, Skriba, 18.02.2019).
OOSTELIKE SINODE
Bevestiging
Prop Francois Georon Schwalb is op Sondag, 10 Februarie 2019, deur ds Carl Schoeman bevestig as tentmakerleraar van die NGK Laeveld. (Tinus Pretorius, Skriba, 13.02.2019).
