NG KERK
BEROEP: Prop Floris Stephanus Welthagen na Ottosdal; ds Werner Redelinghuys van Ficksburg na Hentiesbaai.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Prop Ryno Louis van der Riet is op Sondag, 17 Februarie 2019, tydens die aanddiens as predikant by Parke-gemeente bevestig deur ds CJ Stander. (Annamarie Louw, 21.02.2019).
Ds Lourens Christoph Bester, voorheen van NG Parke-gemeente, het die beroep na Wellington Moedergemeente aanvaar. Hy is deur sy pa, ds PJ (Peet) Bester, bevestig op 13 Januarie 2019. (Suzanne Brand, 22.02.2019).
Prof Elna Mouton is op 24 Februarie 2019 bevestig in Wellington Moedergemeente, met die opdrag Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit. Prof Christo Thesnaar het die bevestiging hanteer. (Suzanne Brand, 26.02.2019).
Emeriteer
Ds Eugene Barnard van die NGK Knysna het einde Feb 2019 geëmeriteer. Sy afskeidspreek was op Sondag, 24 Februarie 2019, by welke geleentheid ds Anton Louw, voorsitter van die ringskommissie van die ring van Knysna, die Akte van Emeritaat oorhandig het. (GF Volschenk, 26.02.2019).
OOS-KAAPLAND
Bevestiging
Dr Willem Jacobus Wiid, voorheen van die NGK Fort Beaufort, is op 3 Maart 2019 deur ds HW Crouse as leraar van die NGK Parkheuwel bevestig. (Ds HW Crouse, Skriba, 04.03.2019).
HOËVELD
Bevestiging
Prop Frederick Jaco de Witt word op Sondag, 3 Maart 2019, by Fontainebleau Gemeenskapskerk, Randburg as tentmakerleraar bevestig. (Dr Neil du Plessis, Leraar, 26.02.2019).
