Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Voorbeeld van papierplakwerk. Foto verskaf

Stil word en luister

Op Philippolis en elders in die Vry­staat word binnekort retraites en werks­winkels met kontemplasie en kreatiwiteit as tema aangebied, het ds Barnard Steyn, direkteur bedieningsbegeleiding vir die Vrystaatse Sinode, laat weet.

Magdaleen du Toit, wat reeds jare lank kontemplatiewe kuns en joernaalwerk as geestelike dissipline beoefen, het onlangs vanaf Pretoria na die Vrystaatse dorpie verhuis en is geesdriftig om hierdie manier van stilword in God se teenwoordigheid bekend te stel. Sy bied reeds op uitnodiging werkswinkels aan.

Magdaleen, lidmaat van die NG gemeente Philippolis, sê kontemplasie is niks anders nie as “stil word met die doel om God se stem te hoor, en om fyn te luister wat Hy vir ons wil sê in en deur ons ervarings”. Sy vertel met kontemplatiewe joernaalwerk word daar op verskeie joernaaltegnieke gefokus. Deur ons ervarings in ’n joernaal deur te werk, raak ons dieper bewus van hoe God ons pad saam met ons stap.

Magdaleen sê oor kontemplatiewe kuns: “Dit is die integrasie van my oog, hand en hart met die wye wêreld rond­om my. Wat van belang is, is die ervaring, nie die eindproduk nie.” Haar werksessies en retraites word geesdriftig bygewoon deur mense wat normaalweg sku is vir kunsmateriaal omdat hulle vroeg reeds wysgemaak is dat hulle “geen ta­lent het nie”. Hulle vind die stilte en die kreatiewe spel­element baie sinvol.

Magdaleen kan by magdaleen.dutoit@gmail.com gekontak word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top