Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto verskaf

Ry fiets vir sending

Sowat 15 fietsryers van die NG gemeente Calvinia het vanjaar weer 240 km afgelê vir sendingwerk. Dié keer spesifiek vir Makhathini in KwaZulu-Natal.

Vanjaar was die 18de keer wat Fietstrap vir Sending plaasgevind het, het Noel Viljoen, wat deel vorm van die getuieniskommissie van die gemeente, gesê. Die roete het op 29 en 30 Maart plaasgevind en het so gelyk: Calvinia via Nieuwoudtville, Van Rhynsdorp, Vredendal, Klawer (oornag op Klawer), terug na Vredendal, Lutzville na Strandfontein.

Volgens hom is daar oor die afgelope 17 jaar R288 961 vir verskeie sendingaksies ingesamel. As jy ’n bydrae vir die 2019-projek wil maak, stuur ’n e-pos voor einde April na viljoen@hantam.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top