NG KERK
Beroep: Dr Michiel Strauss van Kuilsrivier na Kaapstad (Groote Kerk); ds Hermanus Lambertus Visagie van Bospoort na Potchefstroom-Die Bult.
Aanvaar: Prop Hendrik Smal na Ventersdorp-Oos.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Ds Rudolph Scharneck van Greytown het die beroeping na Goudini aanvaar. Hy begin op 1 Junie 2019 by die gemeente. (Heila Burmeister, Skriba, 15.04.19).
Algemeen
Die Namibiese Moderamen maak hiermee die benoeming van ds MJN van Merwe as Algemene Sekretaris vir die Namibiese Sinode bekend. Kragtens klousule 3.2.1 van die Reglement vir die Beroeping, Bevestiging, Demissie en Emeritaat van Predikante word die approbasie van die kerkverband hiermee gevra. Enige beswaar teen die benoemde of benoeming kan gerig word aan die Algemene Sekretaris by clem@ngkn.com.na (Ds Clem Marais, Skriba – Sinode van Namibië, 16.04.19).
