Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus, 3 Mei 2019

NG KERK

Beroep: Dr Michiel Strauss van Kuilsrivier na Kaapstad (Groote Kerk); ds Hermanus Lambertus Visagie van Bospoort na Potchefstroom-Die Bult.

Aanvaar: Prop Hendrik Smal na Ventersdorp-Oos.

WES-KAAPLAND

Bevestiging

Ds Rudolph Scharneck van Greytown het die beroeping na Goudini aanvaar. Hy begin op 1 Junie 2019 by die gemeente. (Heila Burmeister, Skriba, 15.04.19).

Algemeen

Die Namibiese Moderamen maak hiermee die benoeming van ds MJN van Merwe as Algemene Sekretaris vir die Namibiese Sinode bekend. Kragtens klousule 3.2.1 van die Reglement vir die Beroeping, Bevestiging, Demissie en Emeritaat van Predikante word die approbasie van die kerkverband hiermee gevra. Enige beswaar teen die benoemde of benoeming kan gerig word aan die Algemene Sekretaris by clem@ngkn.com.na (Ds Clem Marais, Skriba – Sinode van Namibië, 16.04.19).

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top