Leraar se vars bekendstelling van Bybel

Bekende skrywer ds Jaco Thom, vir jare van die Paarl en deesdae leraar te Petrusburg, stuur gereeld ’n inspi­rerende “beriggie” per e-pos oor ’n Bybelgebeure in die vorm van ’n “Bybelkoerant”, skryf ds Danie Mouton in Grens.Pos.

“Jaco stel lesers op ’n vars manier bekend aan die inhoud van die Bybel,” sê Da­nie.

Gaan loer gerus in by www.bybelkoerant.co.za om te sien wat Jaco alles skrywe. Of teken in deur ’n e-pos aan info@bybelkoerant.co.za te stuur.