Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die kinderbediening-span wat jong Randfonteiners by die ekumeniese Hemelvaartdiens in 2018 bedien het. Foto: Facebook (AGS Groen Weivelde)

Hemelvaart: Randfonteiners hou gemeenskapsviering

Gelowiges van Randfontein gaan Hemelvaart as ʼn gemeenskap tydens ʼn ekumeniese diens vier.

“Dit beteken baie vir die eenheid van ons dorp,” vertel ds Henning Rademeyer, leraar van die gasheergemeente.

“Ons verwag so 400 mense by NG Randfontein-Noord,” het Rademeyer voor die diens, wat op 30 Mei om 19:00 plaasvind, gesê.

Die tema vir vanjaar se “Hemelvaart-gemeenskapsviering” is “Die Koning wat opgevaar het”.

Volgens Rademeyer behoort verskeie kerke van verskillende denominasies in Randfontein aan die Ekumeniese Leierskring. Dié gemeentes werk dan jaarliks saam om gesamentlike dienste te hou en vanjaar was Hemelvaart weer op hulle kalender.

“Ons stel byvoorbeeld ʼn band uit al die gemeentes saam wat saam oefen en vanaand die praise and worship gaan lei. Ek het met dié lede gesien hoe baie dit vir hulle beteken om weer te beleef hoe ons een liggaam van Christus is,” het Rademeyer gesê.

Rademeyer het ook saam met ds Brett Smitsdorff van die Randfontein Baptist Church ʼn preek rondom 1 Petrus 3: 18-22 gemaak. “Brett gaan die Engelse gedeelte hanteer en ek gaan dele van die preek in Afrikaans doen,” aldus Rademeyer.

Behalwe vir lof en aanbidding en die tweetalige preek sal daar ook ʼn afsonderlike jeug- en kinderprogram aangebied word, het ds Edwin van Wyk van NG gemeente Randpoort, wat in 2018 die gasheergemeente was, gesê.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top