Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Maak só jou gemeente toeganklik vir gestremdes

Terwyl mense met gestremdhede gretig is om ’n aktiewe rol in die gemeentelewe te speel, word hulle dikwels om verskeie redes uitgesluit, het Vrypos, die weeklikse nuusbrief van die NG Kerk in die Vrystaat, onlangs berig. RampUp, ’n organisasie wat hulle ­beywer om kerke meer toeganklik vir gestremdes te maak, gaan binnekort ’n opleidingswerkswinkel aanbied vir betrokkenes in kerke, wat gemotiveerd is om ’n positiewe verskil te maak ten opsigte van hierdie uitdaging. Die slypskool sal vanaf 22 tot 26 Julie 2019 by die Padre Pio Retreat Centre in Elarduspark, Pretoria plaasvind.

Belangstellendes kan vir Erna Möller op 021 345 4915 skakel, of ’n e-pos aan erna@tlm.co.za stuur.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top