Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Teologiese perspektiewe op hoop

In Christus is ons hoop – ’n 8 weke-saamreis­gids vir groepe
Deur Rupert de Koning en andere
Uitgewer: Bybel-Media, 2019
Resensent: Rethie van Niekerk


Nog ’n groepsgids oor hoop uit die Bybel-Media-stal. Die boek is ’n refleksie oor die Visionêre Leier­span van die Sinode van KwaZulu-Natal se vierjaar-tema. Elkeen van die agt sessies het ’n aantal vrae, saam met ’n kor­ter of langer inset oor die week se spesifieke fokus. Hoewel dit spesifiek vir groepe geskryf is, sou individue dit ook vir persoonlike oordenking kon gebruik.

Die Christologiese fokus bly deurgaans sentraal. In hierdie boek is ons hoop inderdaad in Christus. Meer teologiese perspektiewe op hoop word van verskillende kante belig, met verskillende skrywers wie se skryfstyle soms radikaal verskil.

Die diepte van die refleksie lei tot verskeie treffende insigte, soos byvoorbeeld dat hoop interaktief is: Hoewel die hoop wat Christus bring, hoofsaaklik ’n eskatologiese hoop is, werk dit reeds vandag in ons lewe en wêreld. Of die bevesti­ging dat jy jouself leer ken – wie jy werklik is en wie God bedoel het jy moet wees – in swaarkry. In hierdie gids is hoop uiteindelik nie net om uit te sien daarna dat die moeilikheid sal ophou nie, maar eerder “dat Hy jou nooit sal los nie en vir jou krag sal gee om dit wat oor jou pad kom, te hanteer; dat Hy uiteindelik die beste weet, en dat Hy vir jou die ewige heerlikheid voorberei .”

Ds Rethie van Niekerk is predikant by die NG gemeente Somer­strand in Port Elizabeth.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top