Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 14 Junie 2019

NG Kerk

Beroep: Ds Ryno Hurn van Krokodilrivier na Valhalla; prop Petro Jonker na Rietfontein-Suid; ds Johan Taute van Rooyen na Vredenburg.
Aanvaar: Ds Charles Mitchell van Heuwelkruin na Andrew Murray Community Church (Bloemfontein).

Wes-Kaapland

Bevestiging

Dr Michiel Strauss word op Sondag, 14 Ju­lie, om 10:00 in die Groote Kerk bevestig. (Leonie, 28.05.19).

Demissie

Ds JF Kriel van die NG gem Worcester-Audenberg ontvang sy Akte van Demissie op 9 Junie, waartydens hy ook sy afskeidspreek lewer. (Mariëtte Visser, Skriba, 31.05.19).

Vrystaat

Bevestiging

Ds Charles Mitchell word op Sondag 4 Augustus 2019 as tentmaker in die NG gem Andrew Murray Community Church (Bloemfontein) bevestig. (Skr, 06.06.2019).

Goudland

Bevestiging

Hiermee word kennis gegee dat ds Andries van Rooyen van die NG gem Wilgespruit, Roodepoort, op 1 Junie 2019 emeriteer. (Ds Gerrit Visser, Ring­skriba, 23.05.19).

Ds Hermanus Lambertus (Manus) Visagie het die beroep vanaf NG gem Bospoort na NG gem Potchefstroom-Die Bult aanvaar en is op 2 Junie 2019 deur ds Sanré Benadé in die gemeente be­vestig. (Ben Robbertse, Saakgelastigde, 04.06.19).

Demissie

Ds Dawid Francois (Dawfré) Theron van die NG gem Potchefstroom-Die Bult, het demissie geneem op 31 Mei 2019. (Ben Robbertse, Saakgelastigde, 04.06.19).

Noordelike sinode

Ringsitting

Die twee-en-dertigste gewone sitting van die Ring van Sesmylspruit vind plaas op Maandag, 26 Augustus 2019 en Dinsdag, 27 Augustus 2019, elke aand om 18:30, te NG gem Sesmylspruit. (Ds DB de Vos, Ringskriba, 04.06.19).

Oostelike Sinode

Emeritaat

Hiermee word kennis gegee dat ds Uli Trümpelmann op 31 Augustus 2019 emeriteer. Die kerkraad van NG Malelane het aan hom verlof toegestaan vanaf 10 Junie 2019 tot 31 Augustus 2019, en sy afskeidspreek vind plaas op 9 Junie 2019. (Anru Liebenberg, Skriba, 03.06.19).

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top