Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: John Swanepoel

Kiek jou kerkgebou

Die NG gemeente Murraysburg is gestig op 16 Oktober 1855 onder leiding van die stigter van die dorp, Barend Burger en ds Andrew Murray van Graaff-Reinet, het Renée Swanepoel, skriba van die gemeente laat weet. Alhoewel Murraysburg en distrik deel van die Wes-Kaap vorm, vorm die gemeente deel van die Oos-Kaap Sinode. Die eerste kerkgebou is in Maart 1858 ingewy. Gedurende die Anglo-Boereoorlog het die kerk as hospitaal gedien. Die vergrote kerkgebou is op 14 Desember 1907 in gebruik geneem. Volgens prof Albert Troskie, afgetrede hoogleraar in musiek aan die Universiteit van Port Elizabeth, het WG Vowles (1825-1912) van Bristol, Engeland minstens 16 orrels na Suid-Afrika uitgevoer, waarvan 11 nog in hulle oorspronklike toestand is met die orrel op Murraysburg die grootste en indrukwekkendste. Jemima Burger (“miss Mymie”) het 59 jaar as orrelis diens gedoen.

Stuur ’n pragtige foto van jou kerkgebou aan conette@tydskrifte.co.za en ’n paar interes­sante feite sodat ons dit vir ander Kerkbode-lesers kan wys.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.