Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Randfonteiners vier Hemelvaart as gemeenskap

“Dit beteken baie vir die eenheid van ons dorp,” het ds Henning Rade­meyer, leraar van NG gemeente Randfontein-Noord oor hulle onlangse gesamentlike Hemelvaart­diens gesê.

Volgens Rademeyer het sowat 400 mense van verskeie denominasies op 30 Mei vir die dorp se jaarlikse “Hemelvaart-gemeenskapsviering” in Randfontein opgedaag.

Volgens Rademeyer behoort verskeie kerke van verskillende denominasies in Randfontein aan die Ekumeniese Leierskring. Dié gemeentes werk dan jaarliks saam om gesament­like dienste te hou en vanjaar was Hemelvaart weer op hulle kalender.

Die musiek sowel as die preek is deur verskeie kerke behartig. Rademeyer het saam met ds Brett Smitsdorff (wat in Engels gepreek het) van die Randfontein Baptist Church gepreek oor 1 Petrus 3:18-22.

Daar wis ook ’n afsonderlike jeug- en kinderprogram aangebied.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.