Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Selfhelpgids vir enige huwelik

One love with three sides: Marriage is a threefold relationship
deur Kobus Prinsloo
Uitgewer: Reach Publishers, 2019


Hierdie selfhelpgids kan vir enige paartjie van waarde wees. As jy op pad is om te trou en graag huweliksvoorbereiding wil doen, as jou huwelik in krisis is of as jy in jou huwelik wil belê, is hierdie die ideale boek vir jou. Elkeen van bogenoemde behoeftes word op ’n spesifieke manier aange­spreek, met ’n ongekompliseerde uitleg en vloei.

Die eerste gedeelte bespreek die basiese beginsels vir gesonde huwelike. Daarna verwys die skrywer na verdere gedeeltes vir die verskillende behoeftes van elke leser. Dit handel onderskeidelik oor huweliksvoorbereiding, huweliksherstel en ook groei in die huwelik. Daar is ook baie sinvolle besprekingsvrae om paartjies te begelei in verdere gesprek en dieper ondersoek.

Kobus Prinsloo werk met die teorie dat daar drie persone in ’n huwelik is, naamlik die man, vrou en hulle liefdevolle verhouding. Die man en vrou se verhouding is ’n gelyke maat in hulle huwelik en die skrywer stel voor dat hier­die “verhouding” ewe veel aandag en harde werk verg. Liefde tussen twee persone is dalk ’n groot realiteit vir beide, maar dit bly onsigbaar en onidentifiseerbaar. Dis waarom die skrywer voorstel dat die verhouding self beskryf word as die “derde persoon”, wat dit makliker maak om daaroor te dink en te praat.

Hierdie boek kan ook predikante en huweliksberaders help in hulle bedie­ningswerk aan paartjies, veral as hulpmiddel in voorhuwelikse gesprekke.

▶ Ds Fralene van Zyl is ’n leraar by Krugersdorp-Oos Gemeente.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top