Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die NG gemeente Clarens se kerkgebou. Foto: Dons Kritzinger

Kiek jou kerkgebou: In son en sneeu

Kerkbode het interessante “voor”- en “na”-fotos van twee gemeentes se kerkgeboue ontvang.

Dons Kritzinger, afgetrede predikant en lidmaat van die NG gemeente Clarens, laat weet: “Ja, soms sneeu dit hier. Maar meestal skyn die son.” Hy vertel ook die kerkgebou is in 1936 ingewy. “Die gemeente het aanvanklik in ’n sinkgeboutjie bymekaargekom terwyl hulle eers ’n mooi sandsteenkerkie vir die NG Sendingkerk in Kgubetswana gebou, en daarná die plaaslike Metodiste gehelp bou het aan húlle kerkgebou” sê Dons.

Klik hieronder op die pyltjie en skuif na links of regs om Clarens-gemeente se kerkgebou in sneeu en son te sien.

Riekie Valicek, wat as diaken op die NG gemeente Triomf in Sophiatown se kerkraad dien, het foto’s van die bouterrein in die 70’s, maar ook hoe die kerkgebou vandag lyk, gestuur. “Die kerkgebou is op 4 Oktober 1975 in gebruik geneem. Voor dit het die gemeente gebruik gemaak van die ou Triomf Laerskool (nou Genl Christiaan de Wet Laerskool) se skoolsaal,” sê Riekie.

Sy dink ook terug aan ‘n tragiese voorval: “’n Hartseer dag wat altyd deel van ons kerk se geskiedenis sal bly, is die talle kinders van Die Hoërskool Vorentoe wat in die Westdene-busramp in 1985 omgekom het. Meeste van die kinders en hulle gesinne was lidmate van ons kerk en is begrawe uit ons kerk. Van die ouers sit vandag nog in ons kerkbanke.”

Klik weer hieronder op die pyltjie en skuif na links of regs om die kontras tussen die bouterrein en kerkgebou, soos hy vandag lyk, te sien.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top