NG KERK
Beroep: Ds Johannes Albertus Louw van Ghanzi van die Dutch Reformed Church of Botswana na Melkbosstrand.
Aanvaar: Ds Arnoldus Mauritius Preller van Komatipoort na Despatch-Suid; ds Estian Mentz van VGK Promosa, Potchefstroom na Britstown; ds Johan Taute van Rooyen na Vredenburg.
WES-KAAPLAND
Emeritaat
Hiermee word kennis gegee dat dr Gottlipp Wilhelm Schroder van Rooyen op 30 September 2019 emeriteer. Die kerkraad van NG Vredelust het aan hom verlof toegestaan vanaf 25 Julie tot 30 September 2019. Sy afskeidspreek het plaasgevind op 14 Julie 2019 by die NG Vredelust. (Ds Wouter Olivier, Skriba, 10.06.2019).
Hiermee word kennis gegee dat ds Casparus Johannes Carstens op 31 Augustus 2019 emeriteer vanuit NG Vredelust. Sy afskeidspreek het plaasgevind op 30 Junie 2019 by NG Vredelust. (Ds Wouter Olivier, Skriba, 10.06.2019).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds Gerrit Johan Strydom (voorheen van NG gem Port Shepstone) het die beroep na NG gem Reitz aanvaar en is deur dr Dawie Oosthuizen bevestig op 9 Junie 2019 in die gemeente. (ES Heymans, Skriba, 10.06.2019).
GOUDLAND
Ringsvergadering
Die 81ste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind plaas op Maandag, 5 Augustus 2019, om 08:30 by die NG gem Lichtenburg. (Ds Ben Botha, Ringskriba, 27.06.2019).
NOORDELIKE SINODE
Emeritaat
Ds Leon van Heerden het op 23 Junie 2019 sy demissie ontvang met effek 30 Junie 2019. (Elna du Plessis, Skriba, 25.06.2019).
Bevestiging
Prop Petro Jonker het die beroep na Rietfontein-Suid aanvaar en is op 30 Junie 2019 bevestig met handoplegging. (Elna du Plessis, Skriba, 25.06.2019).
Ds Ryno Hurn, voorheen van die NG gem Krokodilrivier, is beroep na NG gem Valhalla en het die beroep aanvaar. Hy is deur ds Dewald Roux bevestig op 14 Julie 2019, waartydens hy ook sy intreepreek gelewer het. (Mev Z Groenewald, Skriba, 05.07.2019).
Dr TC (Christiaan) Ackermann van die NG gem Silvertonkruin het die beroep na NG gem Eldoraigne aanvaar. Dr Ackermann word op Sondag, 21 Julie 2019 om 09:00 bevestig. (Philip Roos, Voorsitter, 08.07.2019).
Ds Madelein Strydom het die beroep na NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk aanvaar. Haar bevestiging en intreepreek vind paas op Sondag 21 Julie om 09:00. (Anita Hurn, Admin Beampte, 12.07.2019).
Ringsvergadering
Die 57ste vergadering van die Ring van Pietpotgietersrus vind plaas op 5 Augustus 2019 te Marken. (Ds PH Venter, Ringskriba, 09.07.2019).
NAMIBIË
Kennisgewing
Ds MJN van Merwe het die benoeming as Algemene Sekretaris vir die Namibiese Sinode aanvaar. Hy neem DV op 1 Julie sy nuwe pos op en sal steeds kerkregtelik verbonde bly aan die gemeente Windhoek. (Ds Clem Marais, Skriba, 11.06.2019).
Bevestiging
Ds Marco Koch is op Sondag 7 Julie 2019 as predikant van die NG Windhoek-Eros bevestig. (Annelien Muller, Gemeentebestuurder, 10.07.2019).
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
