NG KERK
BEROEP: Ds Angelique Havenga van Stellenbosch-Moedergemeente na Simondium-Familiekerk.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Ds Johan (JT) van Rooyen se bevestiging en intreepreek het plaasgevind op 21 Julie 2019 by die NG Kerk Vredenburg. (Suselna Theart, Admin beampte, 16.07.2019).
VRYSTAAT
Bevestiging
Prop Nicolaas Gerhardus Wessels lewer op 1 September 2019 om 09:00 sy intreepreek by die NG gem Dagbreek. (Piet Botha, voorsitter, 22.07.2019).
GOUDLAND
Bevestiging
Ds Elize Nel lewer haar intreepreek op 4 Augustus 2019 by die NG Moedergemeente Christiana. (Daleen, 22.07.2019).
Ringsitting
Die 52ste gewone vergadering van die Ring van Klerksdorp is DV Maandag, 12 Augustus 2019 vanaf 09:00 by Stilfontein-Moedergemeente. (Ds JJC Rossouw, skriba, 13.07.2019).
NOORDELIKE SINODE
Bevestiging
Ds Madelein Strydom is beroep as jeugleraar na die NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk. Haar bevestiging en intreepreek het plaasgevind op 21 Julie 2019. (Anita Hurn, Admin beampte, 12.07.2019).
Prop Jeanri Bezuidenhout is beroep na die NG gem Lynnwood in ‘n deeltydse vastetermynpos as jeugleraar. Sy word op 4 Augustus 2019 tydens die aanddiens bevestig. (Ds Immanuel van Tonder, 18.07.2019).
OOSTELIKE SINODE
Emeritaat
Ds HPW Groenewald, tans leraar van die NG gem Groblersdal, emeriteer op 29 Februarie 2020. (Ds JH Potgieter, skriba, 17.07.2019).
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
