NG KERK
Beroep: Prop Arline Meyer na Pierre van Ryneveld; ds Pieter Retief van der Merwe na Olifantsfontein.
NOORD-KAAPLAND
RINGSVERGADERING
Die 60ste gewone vergadering van die Ring van Upington het op 6 Aug 2019 te Louisvale plaasgevind. (Ds Theunis E Smit, Ringskriba, 25.07.2019).
NOORDELIKE SINODE
RINGSVERGADERING
Hiermee kennisgewing van die 81ste vergadering van die Ring van Pietersburg/Polokwane wat plaasvind op 18 Aug 2019 te NG Pietersburg-Noord. (Ds JM Bezuidenhout, 25.07.2019).
OOSTELIKE SINODE
RINGSVERGADERING
Hiermee kennisgewing dat die ringsitting van die Ring van Silverpark plaasvind op 14 Aug 2019, vanaf 16:00 te NG gem Premiermyn, Cullinan. (Ds Chris Lötter, Ringskriba, 30.07.2019).
EMERITAAT
Ds Ulrich Konrad Trümpelmann emeriteer op 31 Aug 2019 by die NG gem Malelane. Sy afskeidspreek het plaasgevind op 9 Junie 2019. (A Steenkamp, Saakgelastigde, 05.08.2019).
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
