Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Verskille tussen Evangelies eerlik hanteer

Geloofskatte in die Evangelies deur Adrio König
Uitgewer: CUM, 2018


Uit die gesoute pen van Adrio König kom “Geloofskatte in die Evangelies”. Soos wat ons nou al van König verwag, slaan hy ’n goeie ba­lans tussen populêr en teologies skryf. Met ’n meer populêre mark in die oog, is hierdie boek geskryf soos ’n tipiese kommentaar, met ’n baie handige on­der­werpregister agterin. Die register agterin is handig vir naslaan, maar ’n mens sou dit graag meer volledig wou hê. Jy kan dus ook kies hoe jy die boek lees: soos ’n tipiese kommentaar, teks vir teks, as naslaanbron vir spesifieke temas, as opbouende geestelike leesstof of gewoon soos ’n dagstukkieboek. Op alle vlakke slaag König goed.

Soms bied hy interessante brokkies wat die leser soos ’n lekker soetigheid kan geniet. Ander kere bied hy eenvoudige, kort dog diep en treffende teo­logiese insig, soos ’n toffie waaraan ’n mens langer kou. Af en toe glip daar ’n onverwags verrassende insig deur, selfs vir lesers wat goed geskool is in die teo­logie of Nuwe Testament. König hanteer vrae oor Israel, die uitverkiesing, Jerusalem, die sonde teen die Gees en, na­tuurlik, die doop – wat dikwels ter spra­ke kom.

Ook die tameletjies hanteer König eerlik, met kenmerkende nederigheid. Wanneer daar meer as een verstaansmoontlikheid is, gee hy erkenning aan verskillende interpretasies. So word byvoorbeeld die verskille tussen die Evangelies eerlik hanteer, sonder om oplos­sings op die teks af te forseer. Ek het dit veral geniet dat juis iemand met König se statuur soms eerlik kan sê dat hy nie weet nie. Selfs wanneer ons die Nuwe Testament met hierdie kommentaar bestudeer, help König ons om die misterie vas te hou.

’n Handige, insiggewende kommentaar vir die binnekamer- én studeerka­mer-Bybelstudent.

▶ Ds Rethie van Niekerk is ’n predikant in Port Elizabeth.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.