NG KERK
BEROEP: Ds Ronel Coertzen van Makarios na Chrissiesmeer; ds Petri Coetzee van Wesselsbron-Noord na Malelane; prop S du Toit na Fraserburg; dr Heinrich Theunissen van Newcastle-Suid na Bergsig, Newcastle.
AANVAAR: Prop S du Toit na Fraserburg; ds MFR Geyser van Dennesig na Marchand.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Prop Sulene du Toit is op 17 Augustus 2019 by die NG Kerk Fraserburg met handoplegging bevestig. Ds Lambert Jacobs het die bevestiging waargeneem. Ds Du Toit se intreepreek het op 18 Augustus 2019 plaasgevind. (Mariet van Wyk, Skriba, 12.09.2019).
Bevestiging
Ds JA Louw van die DRCB, Ghanzi gem is op 8 September 2019 by die NGK Melkbosstrand as leraar bevestig. Dr Frederick Marais het die bevestiging waargeneem. (Sarona van Schalkwyk, Skriba, 09.09.2019).
NOORD-KAAPLAND
Emeritaat
Ds SW Albertyn van die NGK Orania het op 14 Julie 2019 sy emeritaat ontvang. (Schalk W Albertyn, Ringskriba, 21.08.2019).
Bevestiging
Ds SW Albertyn is op 14 Julie 2019 bevestig as tentmaker in ’n vastetermynpos in die NGK Orania. (Schalk W Albertyn, Ringskriba, 21.08.2019).
Bevestiging
Ds MFR Geyser word op 13 Oktober 2019 in die NG gem Marchand bevestig.
RINGSVERGADERING
Kennis word hiermee gegee van die vergadering van die Ring van Hopetown op 8 en 9 September 2019 by die NGK Prieska. (Schalk W Albertyn, Ringskriba, 21.08.2019).
RINGSVERGADERING
Kennis word hiermee gegee van die 36ste gewone Ringsvergadering van die Ring van Hanover wat DV by die NG gem De Aar (konsistorie) plaasvind op 9 September 2019 om 08:00. (Henry Williams, Waarnemende Ringskriba, 30.08.2019).
OOSTELIKE SINODE
Bevestiging
Ds Pieter Retief van der Merwe se bevestiging en intreepreek by Olifantsfontein gemeente sal plaasvind op 6 Oktober 2019 om 9:00 te Cullinanlaan 1, Olifantsfontein. (Antoinette Heystek, Skriba, 30.08.2019).
NAMIBIË
Bevestiging
Ds Werner Redelinghuys is op 3 Augustus 2019 in die NGK Hentiesbaai bevestig deur ds CJP van den Heever. (Corrie Theron, gemeentebestuurder, 04.09.2019).
- Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
