Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die NG gemeente Onze Rust se waterwys-tuin. Foto: Carin van Schalkwyk

Kerktuine: “Stuur jou vooraf-foto’s”

“Met die NG Kerk Vrystaat se projek ‘Kerktuine van Hoop’ vat gemeentes hande om die wêreld waarin ons ge­roep is om kerk te wees, ’n bietjie mooier te maak. Daarmee rig ons sigbare tekens op van heling en herstel, skep ons gasvrye ruimtes en bring ons hoop.”

Só skryf ds Mias van Jaarsveld, tentmaker by die NG gemeente Heuwelsig, wat gemeentes hiermee nooi om meer moeite te doen met hulle kerktuine – “veral ook om dit in hier­die tye van groterwordende water­skaarste meer waterwys te maak”.

“Ons hoop kerke stel daarmee ’n voorbeeld wat sal uitkring in ons dorpe. Dink net as ons dorpe weer mooi kan word, as ons almal weer trots op ons skoon en gasvrye pu­blieke ruim­tes kan wees! Ons wil graag dat gemeentes hande vat, by mekaar leer en mekaar help. Dit gaan dus ook om die bou van verhoudinge, om die herstel van die gemeenskap van gelowiges, ook oor grense heen,” sê Mias.

Die sinode versoek dat gemeentes vooraf-foto’s tot en met Maart 2020 sal aanstuur. Vanaf April 2020 kan gemeentes met hulle waterwys-tuine by bicsteyn@ngkvs.co.za spog.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top