NG KERK
Beroep: Ds Fourie Rossouw van Somerset-Wes na Strand-Noord; ds AH Scholtz van Upington-Oos na Velddrif.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Ds Hans Steyn is op 1 September 2019 in ’n deeltydse kontrakpos in die NG gem Stanford bevestig. (Ida Bester, Skakelbeampte, 16.09.2019).
Emeritaat
Hiermee word kennis gegee van die emeritering van dr Breda Ludik op 30 November 2019. Dr Ludik is tans leraar by NG Helderberg. (Andre Westraat, Skriba, 30.09.2019).
KWAZULU-NATAL
Bevestiging
Ds Stephan Weyers van Nigel-Oos het die beroep na Greytown aanvaar. Sy bevestiging vind plaas op 10 November 2019 en intreepreek op 17 November 2019. (Alet van der Merwe, Gemeentebestuurder, 02.10.2019).
VRYSTAAT
Benoeming
Kragtens Reglement 12, bepalings 3.2.1 en 7.4 van die kerkorde word die benoeming van dr NJ Mostert as Direkteur Vennote in Getuienis van die Vrystaatse Sinode aan die kerkverband voorgelê vir goedkeuring. Voorsitter: F Spamer, Vennote in Getuienis (Karisma du Pisanie, 20.09.2019).
goudland
Emeritaat
Dr JA Kritzinger van die NG gem Orkney het op 1 Oktober 2019 emritaat aanvaar. (Zelda Swanepoel, Saakgelastigde, 02.09.2019).
OOSTELIKE
Bevestiging
Ds Petri Coetzee van Wesselsbron-Noord het die beroep na NG gem Malelane aanvaar. Die datum van indienstreding is 1 Desember 2019. (Anánja Steenkamp, 19.09.2019).
Bevestiging
Dr Neels Marais het die beroep vanaf NG gem Kempton-Kruin na kerksondermure aanvaar. Sy intreepreek vind plaas op 3 November 2019. (Miriam Muller, 17.09.2019).
NAMIBIË
Kennisgewing
Neem asb kennis dat die Suidelike Ring van Namibië op 14 en 15 September 2019 vergader te Luderitz. (G Liebenberg, Ringskriba, 13.09.2019).
Algemeen
E-posadres verandering:
Die nuwe e-posadres van die NG Kerk De Aar-Noord is ngkdanoord@gmail.com (Ina van den Berg, 20.09.2019).
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
