Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Ek vind dit afstootlik’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Johannes Mouton van Table View-gemeente skryf:

Nadat ek mooi daaroor moes dink, reken ek die brief van Marcel Vosloo (Skuldbelydenis by die Algemene Sinode) verdien tog ‘n reaksie. Nie alleen is dit gebaseer op pseudo-wetenskaplike, gediskrediteerde navorsing nie, maar dit ontken die diep geestelike pad waardeur die kerk al oor hierdie saak moes gaan. Daarmee saam ontken dit veral ook die diepe worsteling waardeur gay-kinders en hulle ouers dikwels moes gaan. As die ouer van ‘n gay-kind vind ek dit afstootlik. Laat ek dit toelig met my storie. As ouers was ons baie ernstig oor ons doopbeloftes. Ons kinders het dus grootgeword in ‘n Christelike huis met Christelike waardes. Ek was beslis nie ‘n afwesige pa nie en was ook nie hiperkrities op my kinders nie. Trouens ek is nog steeds baie by my kinders se lewens betrokke en het ‘n baie vervullende verhouding met albei. En anders as so baie ouers van my kinders se vriende wat nie gay is nie, is ek en my vrou na amper 25 jaar nog steeds baie gelukkig getroud.  Daar was geen sprake van bloedskande (rêrig?), seksuele misbruik of pornografie nie. Op geen tydstip is ons seuns aangemoedig om rokkies te dra en hulle gesiggies op te maak nie. Tog is my een seun gay en die ander een nie. So, asseblief, dink twee keer voordat sulke onderdeurdagte waarde-oordele in die openbare domein gelewer word. Dit gaan nie net oor die getuienis van die kerk nie, dit gaan veral oor die lewe en worstelings van regte mense.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top