Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“Maak nie saak waar ek sit nie, iemand begin met my gesels,” sê Kotie Bothma, jeugwerker van Klerksdorp. Oorkant haar is ds Anandie Greyling vir wie sy gaan nooi het vir middagete. Foto: Nico Smit

Vreemdelinge word vriende by sinode

Ds Anandie Greyling het met Dinsdagoggend (8 Oktober) se dagwyding sinodegangers uitgedaag om twee-twee saam middagete te geniet. Die uitdaging was ook dat daardie persoon ’n vreemdeling moet wees. 

Sinodegangers het hierdie geleentheid met beide hande aangegryp en saamgekuier om mekaar beter te leer ken.

“Maak nie saak waar ek sit nie, iemand begin met my gesels,” sê Kotie Bothma, jeugwerker van Klerksdorp oor die vriendelike sinodegangers. Anandie se oggendboodskap het vir haar so baie beteken dat sy haar vir middagete genooi het. Kotie sê dit was lekker om met iemand te gesels wat dieselfde waardes deel.

 Robert-John de Kock, wat die afgelope 14 maande leraar by die NG gemeente Nooitgedacht in Port Elizabeth is, het saam met Tertuis Naudé van Richardsbaai gekuier. “Ek hou baie daarvan om met ander leraars te gesels omdat ek nog nuut in die bediening is. Dis lekker om Tertius se idees te hoor,” het Robert tydens middagete laat hoor.

“Ek hou baie daarvan om met ander leraars te gesels omdat ek nog nuut in die bediening is,” het ds Robert-John de Kock van Port Elizabeth laat hoor. Hier eet hy saam met Tertius Naudé van Richardsbaai. Foto: Nico Smit

Tussen die sowat 190 sinodegangers heers daar ’n gasvryheid by elkeen en die vreemdeling word mettertyd ’n vriend of vriendin.

Leon Fourie, leraar van die dorp Outjo in Namibië, het saam met Flip Geel van Harrismith, in die Vrystaat, gekuier. Foto: Nico Smit
Elsabé du Plessis vanaf Hoopstad in die Vrystaat eet en kuier lekker saam met Sandra Leeuwner vanaf Kaapstad. Sandra is gemeenteraadslid by die Grootte Kerk. Foto: Nico Smit
Sunéll Ribbens, leraar by NG gemeente Sunwardpark in Boksburg kuier saam met Mertia Ross van NG gemeente Bergsig in George. Foto: Nico Smit
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top