Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die poskaart van die NG Moedergemeente Oudtshoorn.

Kiek jou kerkgebou

“Ek hou nou al vir baie jare dié poskaart van die NG Moedergemeente Oudtshoorn. Eers in my Hallelujaboekie en nou in my Psalms- en Gesangeboekie,” laat weet die 86-jarige Dorothy Eager van Huis Lettie Theron in Hermanus.

“Vir my bly die kerk nog die mooi­ste kerk (veral die binnekant) in die land. Ek was al in baie kerke en ook in my kinders, kleinkinders en agter­kleinkinders se kerke. En steeds bly Oudsthoorn vir my die mooiste.

“Binne-in die kerk staan ’n paar vollengte engele met goue koringgerwe en ’n klein engeltjie wat die mar­mer-doopvont bokant haar hou.

Hierdie figure staan almal om die preekstoel. In dié kerk is ek gedoop, aangeneem en getroud,” vertel Dorothy.

Luidens die gemeente se webwerf is die NG Moedergemeente Oudts­hoorn in 11 Oktober 1853 gestig.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top