Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wenke vir senior­bediening

Meaningful ageing
Deur Petrus Moolman
Uitgewer: Groep 7 (Selfpublikasie)


Met hierdie publikasie slaag die outeur daarin om die leser bewus te maak van die feit dat veroudering nie iets is wat vermy of gevrees hoef te word nie, maar dat mense kan uitsien na ’n aangename eindfase van hulle lewe. Dit is nou indien hulle kies om dit op ’n betekenisvolle wyse en met waardigheid te benader. Die skry­wer doen moeite om die vooroordele en wanpersepsies oor die proses van veroudering te besweer en ’n positiewe hou­ding daaroor by die leser te kweek.

Die hoofstuk oor dementia en die persoonlike getuienis van die outeur se eie ervaring van die versorging van iemand met hierdie siektetoestand, is insiggewend en waardevol. Veral vir men­se wat hulle­self in soortgelyke omstandighede be­vind.

Die voorstel oor ’n omvattende pastorale bediening aan senior volwassenes wat in die laaste hoofstuk beskryf word, gee praktiese riglyne aan gemeentes oor hoe hierdie groter-wordende deel van gemeentes bedien kan word, sonder om weg te skram vir die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.

As iemand wat self in ’n soortgelyke bediening werksaam is, was Meaningful ageing verfrissende en insiggewende leesstof. Ek kan die boek met vrymoe­digheid aanbeveel.

▶ Dr Kobus Prinsloo is ’n pastorale terapeut in Port Elizabeth.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top