Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die gawe van diversiteit

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johannes Mouton van Table View skryf: “Hoe is dit moontlik dat die Gees ons so verskillend kan lei? “Hoe kan een gemeente iets sê en ‘n ander gemeente iets anders” “Hoekom moet ons Engels akkommodeer, daar is genoeg Engelse kerke” Waarom sukkel ons so met diversiteit? Hoekom is ons so bedreig daardeur? Dis ‘n vraag wat by my opgekom het tydens die gesprekke en besluite tydens en na die afgelope Algemene Sinode.

Dis nie net in die kerk wat ons dit teëkom nie. Trouens, die kerk is maar net deel van ‘n groter gesukkel om diversiteit te omarm. Ons sien dit in die wêreldwye opkoms van identiteitspolitiek, die verdagmakery tussen verskillende rasse en gelowe. Dit speel uit in die stryd vir die behoud van Afrikaans. Mense trek na voorstede wat meer homogeen is. Hoekom wil ons mekaar so graag in die kampe van Afrikaner, Afrikaan, Afrikaanses, Engelse, wit en swart, teologiese liberales en behoudendes injaag? Hoekom wil ons so graag na enklaves en lewensruimtes van eendersheid imigreer?

Diversiteit is ‘n gawe van God. Dit verrium ons denke en ons menswees. Dit verras ons, daag ons uit, laat ons wegkyk van onsself, breek ons benoude grense af. Ons sien dit in die eerste gemeente in Handelinge. Ons sien dit in die gemeentes wat deur Paulus gestig is en sy briewe aan hulle. Ons sien dit in God se skepping. Daarom is die besluite van die Algemene Sinode so hoopvol, want enersyds bevestig dit die één ding wat ons wel aanmekaar bind, naamlik ons verbondenheid aan en in Christus, en andersyds vier dit ons diversiteit. Eensgesindheid dus, nie eendersheid nie. God kan immers nie ingeperk word en in mensgemaakte boksies ingedruk word nie. Of is dit dalk juis waarvoor ons bang is?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top