Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

92-jarige lidmaat vang graad

Baie vrae oor die Bybel en meer tyd op hand het dr Andries Francois Conradie van Wierdapark, Centu­rion aangemoedig tot verdere studie.

Andries het reeds ’n MA-graad in geskiedenis gehad en het nou op 92 ’n doktorsgraad in Bybelse geskiedenis aan Unisa verwerf.

Foto verskaf

Andries se dogter Alet vertel: “Na my ma se dood 10 jaar gelede het my pa by my kom woon in Wierdapark. Hy het nog altyd baie en wyd gelees en toe tyd gehad om meer in-diepte te lees. Hy het al ’n lang tyd baie vrae oor die Bybel gehad en nadat hy prof Sakkie Spangenberg van Unisa ontmoet het, het hy ses jaar gelede be­sluit om by Unisa in te skryf en sy vrae en studies amptelik te maak.”

Volgens Andries het twee dinge na sy studies vir hom uitgestaan. “Die Bybel is ’n problematiese teks en hoe meer ek dit gelees en nagevors het, hoe meer het ek die Bybel as menslike geskrif gesien. My studies het ook my gevoel dat vroue in die Bybel ge­min­ag word, bevestig.”

Hieroor sê Alet: “My pa het my as enigste dogter met drie broers nooit anders behandel as my broers nie. Ons was almal dieselfde en kon dieselfde dinge doen. Hy glo vroue moet dieselfde as mans behandel word. My drie broers is ook al drie reeds oorlede so dit is net ek en my pa.” Andries, wat tot onlangs die NG gemeente Wierdapark-Suid se dienste bygewoon het, het vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top