Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“Mag hierdie band van Jesusliefde tussen die twee gemeentes ’n getuie­nis wees vir die wêreld. Ons is dankbaar om saam met Nuwerus se mense in die voetspore van Jesus te leef.” So skryf ds Chris Barnardo van die NG gemeente Kuilsrivier-De Eike na afloop van ’n onlangse uitreik na die NG gemeente Nuwerus in die droog­te­geteisterde Namakwaland. Die lidmate van Kuilsrivier-De Eike en Diaconia se finansiële inspui­ting het dit moontlik gemaak om 21 ton veevoer, vier bakkievragte krui­deniersware, ’n koeltrok vars groente, 150 dosyn eiers, 175 kg hondekos en meer na Nuwerus te neem, het Chris vertel. Hy beskryf die Sondag van die naweek-uitreik as ’n “heilige oomblik” toe hulle na afloop van ’n erediens die besending voer aan die boere oorhandig het en vir die boere en hulle ge­sinne omring en vir hulle gebid het.

‘’n Band van Jesusliefde’ in droogte

“Mag hierdie band van Jesusliefde tussen die twee gemeentes ’n getuie­nis wees vir die wêreld. Ons is dankbaar om saam met Nuwerus se mense in die voetspore van Jesus te leef.”

So skryf ds Chris Barnardo van die NG gemeente Kuilsrivier-De Eike na afloop van ’n onlangse uitreik na die NG gemeente Nuwerus in die droog­te­geteisterde Namakwaland.

Die lidmate van Kuilsrivier-De Eike en Diaconia se finansiële inspui­ting het dit moontlik gemaak om 21 ton veevoer, vier bakkievragte krui­deniersware, ’n koeltrok vars groente, 150 dosyn eiers, 175 kg hondekos en meer na Nuwerus te neem, het Chris vertel.

Hy beskryf die Sondag van die naweek-uitreik as ’n “heilige oomblik” toe hulle na afloop van ’n erediens die besending voer aan die boere oorhandig het en vir die boere en hulle ge­sinne omring en vir hulle gebid het.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top