Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die kerkgebou van die NG gemeente Goudini. Foto verskaf

Kiek jou kerkgebou

Die kerkgebou van die NG gemeente Goudini is geleë in Rawsonville, tussen die Du Toitskloof-tonnel en Worcester.

Lidmaat Christo Murray laat weet: “Die woord ‘Goudini’ is afgelei van K’Gou Dani, wat in die Koi-San taal verwys na ‘die plek van bitter heu­ning’. In 1879 is die gemeente van die Worcester-gemeente afgestig. Die fondament van die kerk is in 1891 gelê en die voltooide kerk is in 1893 ingewy. In 1917 is twee galerye bygevoeg ter wille van meer sitplek. Oor die jare heen is verskeie verbeteringe en herstelwerk aan die kerk gedoen, onder andere na die aardbewing van 1969.”

Volgens Christo is 12 le­raars, waarvan die laaste vanjaar, in die 140 jaar wat die gemeente bestaan, daar bevestig.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top