Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Van die lede van die potjiekosspan wat vir 200 mense ’n gratis bord kos by die NG gemeente Brakpan gegee het. Foto verskaf

Boksburg en Brakpan bou verhoudings

Sunward Gemeenskapskerk in Boksburg het onlangs besluit om na die Brakpan-gemeenskap met potte vol potjiekos uit te reik, laat weet ds Nico Grobbelaar van die NG gemeente Brakpan.

Annelize Botes, koster van die NG gemeente Brakpan, sê 20 pruttende nommer 3-potjies het uiteindelik meer as 200 mense ’n gratis bord kos gegee. “Die mense het almal meer as genoeg gehad om te eet. Hulle het selfs nog gaan kry. Toe almal klaar geëet het, was daar 12 een liter-bakkies kos oor. En dit nadat iemand bekommerd was en gebid het dat daar genoeg sal wees.”

Volgens Nico is die haweloses van die omgewing, waaroor Kerkbode in die vorige uitgawe berig het, en almal wat bereik kon word in die Brakpan-omgewing genooi. Die twee kerke gaan ook saamspan om skoene en klere aan die behoeftiges uit te deel, aldus Nico.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top