Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Drew de Kock

Kewer kelder boom

Lidmate van ’n gemeente in die Suid-Kaap sit met die hande in die hare oor ’n eikeboom wat hulle nie teen ’n indringerboorkewer kan beskerm nie.

“Ons is baie hartseer oor die boom. (Dis) deel van ons erfenis,” het Drew de Kock, gemeentebestuurder by NG Moe­­der­gemeente George, gesê oor die reus met sy takke wat hemelwaarts gesprei op die grasperk voor die kerk staan.

Die boom is in 1884 geplant en is drie jaar gelede as embleem op die gemeente se almanak gebruik. Maar toe kom die tyding. ’n Swamkundige kon na herhaalde inspeksie bevestig dat die boom ’n kewer het wat dit sal kelder.

Die betrokke soort kewer en sy swam is die eerste keer in 2017 in die KwaZulu-Natalse botaniese tuin opgemerk, het Netwerk24 berig. Intussen is talle bome na berig word in 2018 in George met die kewer be­smet. Die besmetting veroorsaak dat die boom doodgaan.

Die dagbestuur van die gemeente se kerkraad vergader einde Januarie om oor die lot van die boom te besluit deur te kies tussen vier opsies wat die gemeente op hierdie stadium nog nie met Kerkbode wou bespreek nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top