Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gemeente besluit om struktureel een te word met VGK

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Johann Theron van Kraaifontein skryf: Die NG Gemeente Kraaifontein Noord het op 25 November 2019 so besluit: In getrouheid aan die Woord – Christus en ons belydenis besluit die kerkraad om struktureel een te word met die Verenigende Gereformeerde Kerk.
Hiermee word gepoog om ’n bykans 160-jarige sonde wat die hart van die NG Kerk en ons land siek maak, te genees. By die Sinode van 1857 het die NG kerk besluit dat ten spyte van die Skriftuurlikheid dat bekeerlinge in die NG Kerk se gemeentes opgeneem word daar, “ten gevolge van die zwakheid van sommigen” gekleurdes in ’n afsonderlike gebou kerk sou kon hou. Enkele jare later is die NG Sendingkerk vir hierdie lidmate van die NG kerk gestig wat tans in die vorm van die Verenigende Gereformeerde Kerk bestaan. Slegs op grond van ras is ‘n tweede struktuur deur die NG Kerk gestig. Ons was een – nou is ons apart. Hierdeur het die NG kerk sy hart en daarmee die liggaam van Christus in twee geskeur en die kerk en die land bloei steeds. Met die belydenis van Belhar in 1986 het die NG Sendingkerk gesê dat ons eintlik een moet wees volgens die Woord. Die Wes-Kaap Sinode het ten spyte van die driedubbele onderskrywing van die Skriftuurlikheid van Belhar nog nie hierdie sondige struktuur verander nie. Die rede hiervoor is dat die mense (en ander Sinodes) nie wil nie – dieselfde rede wat in 1857 gegeld het. Die NG Kerk het ons eie verbondsvrou uit die huis gestamp soos die Leviet sy byvrou in Rigters 19, want hy is bang vir sy eie verbondsbroeders wat aan die deur hamer. So hou ons steeds fees in die NG kerk – terwyl ons eie vrou buite verrinneweer word. Kraaifontein-Noord gemeente het besluit om die deur oop te maak.

  • Hierdie brief se opskrif is ná publikasie ter wille van duidelikheid aangepas. – Red. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top