Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Die konsep van die ‘Blessing of the Backpack’-erediens is die geesteskind van die Christelike onderwyser Carolyn C Brown van Charlottesville in Amerika. Foto: Rocco van Wyk.

Kleintjies (sak en pak) na vore geroep vir ‘uitstuurdiens’


Met hul rugsakke oor die skouers geswaai, word ’n groepie jong leerders van NG gemeente Brackenfell onlangs deur ds Lou-Maré Denton na vore geroep en uitgesonder as deel van ’n ‘Blessing of the Backpack’-erediens. 

“Ons het in dié uitstuurdiens kinders, onderwysers en kategete opnuut opgeroep om in die 2020-skooljaar as getuies van God te leef,” vertel Denton. Die konsep is die geesteskind van die Christelike onderwyser Carolyn C Brown van Charlottesville in Amerika. Dit het egter nie net tot in Brackenfell versprei nie, maar ook tot ander gemeentes, soos NG gemeente Verwoerdpark in Alberton: “Aan die begin van die diens het ek die kinders uitgenooi om hulle rugsakke voor in die kerk neer te sit. Dit was ʼn groot verrassing toe menige kinders opstaan en vorentoe kom. Daar was sélfs ʼn paar werkstasse,” vertel ds Ghisnene Müller.

“Ons het in dié uitstuurdiens kinders, onderwysers en kategete opnuut opgeroep om in die 2020-skooljaar as getuies van God te leef,” vertel ds Lou-Maré Denton (middel). Foto: Rocco van Wyk

Brown het uitgebreide liturgiese materiaal op haar blog Worshiping with Children ontwikkel wat in soortgelyke dienste gebruik kan word. 

By Brackenfell-gemeente was die fokus van die erediens om met die begin van die nuwe skooljaar die kinders in die gemeente te herinner om oral dissipels te wees. Denton vertel dat alle kinders, voorskool tot matriek, tydens die erediens na voor genooi is om deur hul kategeseleiers geseën te word. “Die kategeseleiers het hul met een hand op die skouer en die ander hand op hul rugsakke geseën,” vertel sy. “Ons as gemeente maak ook die belofte om vir onderwysers te ondersteun en vir hulle te bid. Die kategeseleiers is ook tydens die diens bevestig met dieselfde belofte,” sê Denton. 

Die fokus van die erediens in Verwoerdpark gemeente was weer om beide kinders en hul ouers te herinner dat God altyd teenwoordig is. Elke kind het ʼn sleutelhouer ontvang om aan hul skooltas vas te maak om hulle deur die jaar te herinner dat hulle geseënd is,” vertel Müller. Die kinders is met die volgende woorde op die blou sleutelhouer aan hul rugsakke die skooljaar ingestuur: “Jy is geliefd. Jy is sterk. Jy is talentvol. Jy is genoeg”.  

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top