Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

MES: Dit gaan oor menswaardigheid, nie ‘handouts’, sê nuwe hoof

MES se “nuwe besem” het ’n kwarteeu se diens in hierdie organisasie wat werk met haweloses en dié wat in nood verkeer in Johannesburg, Kaapstad en Port Elizabeth. 

Leona Pienaar het op 15 Januarie haar nuwe pos as bestuurshoof by die niewinsgewende organisasie in Johannesburg oorgeneem. 

“Die belangrikste strewe is dat MES God-gesentreerd moet wees. Ons vertrekpunt moet wees om Jesus vir mense in die stad te wees,” het Pienaar vandeesweek gesê.

Sy neem oor by ds Alan Childs. Na Childs se vertrek verlede jaar het die oud-uitvoerende hoof ds Johan Krige vir ’n wyle ingestaan as hoof van die organisasie met sterk historiese bande met die NG Kerk. 

“Me Pienaar het vanaf haar eerste dag by MES, as diensjaarvrywilliger, in 1994 ʼn hart vir MES gehad. Haar ywer om na straatkinders uit te reik, is prysenswaardig met die gevolg dat sy ʼn paar maande later mede-stigter van die Johannesbrugse Alliansie vir Straatkinders geword het,” sê ds Hannes Windell, voorsitter van die MES-Raad, luidens die persverklaring.

Leona Pienaar is aangewys as die nuwe uitvoerende hoof van die nieregeringsorganisasie MES (Mould Empower Serve). Foto: Verskaf

Een van Pienaar se doelwitte as bestuurshoof is om die tipe impak wat MES in die stede het, te herstruktureer. “Ons moet ʼn díéper impak eerder as ʼn wyer impak hê. Ons moet hard werk om die konsep van handouts te laat afsterf en eerder ons fokus na die mensewaardigheid van mense verskuif. Menswaardigheid is baie belangrik vir die werk wat ons doen,” vertel Pienaar.

Dié Christelike sosiale-ontwikkelingsorganisasie het in 1986 as ʼn sendingsaksie van die NG Kerk tot stand gekom en het sedertdien ʼn selfstandige organisasie geword. 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top