NG KERK
Beroep: Ds André Agenbag van Durbanville na Sinodale Diens (PSD): Gemeentebegeleiding (Wes-Kaapland); ds Meyer van Wyk van Diamantveld na Piet Retief.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Enel Lambrechts (voorheen van Familiekerk Bottelary – Vredelust Gemeente) se bevestiging in die NGK Knysna is op 19 Jan 2020 deur ds Anton Louw waargeneem. (Linda Grobler, Skriba, 20.01.20).
Ds SJ Engelbrecht is op 19 Jan 2020 in die NGK Melkbosstrand deur ds Gielie Loubser as leraar bevestig. (Sarona van Schalkwyk, Skriba, 20.01.20).
Prop Chris Wheeler het die beroep na NG De La Bat (Bellville) aanvaar. Sy bevestiging en intreepreek het op 26 Jan 2020 plaasgevind. (Wouter Olivier, Ringskriba, 20.01.2020).
DEMISSIE
Ds Jurie Hendrik Wessels van die NG Worcester-Moedergemeente het op 2 Februarie 2020 demissie ontvang na ’n ondersoek van Reglement 17:2.3. (Ds JJ Nieuwenhuizen, Ringskriba, 05.02.2020).
NOORD-KAAPLAND
KENNISGEWING
Kennis geskied hiermee van ’n gewone sinodesitting van die NGK in Noord-Kaapland wat gehou sal word vanaf Sondagaand, 11 Okt 2020 tot Donderdag, 15 Okt 2020 te Kimberley, in die kerksaal van die NGK Kimberley-Vooruitsig. (Ds JPL Mostert, Predikant in Sinodale Diens, 22.01.2020).
bevestiging
Ds SW (Schalk) van der Merwe van NG gem Pellissier is op 26 Jan 2020 deur dr Hennie Pistorius in die NG gem Groblershoop bevestig as tentmakerleraar. (Lizzy Burger, Skriba, 30.01.2020).
KWAZULU-NATAL
bevestiging
Geliewe kennis te neem dat ds Jasper van der Westhuizen na die NG gem Port Shepstone beroep is. Hy ontvang DV 29 Feb 2020 demissie by die NG gem Riversdal en sal op 1 Mrt 2020 in Port Shepstone bevestig word. (Ds Quintin Nel, Ringskriba, 24.01.2020).
VRYSTAAT
bevestiging
Ds Retief Botha ontvang op 9 Feb 2020 demissie met emeritaat by Geloofsentrum Universitas en op 16 Feb 2020 word prop Zilke Mahabeer bevestig as leraar van hierdie gemeente. (Retief Botha, 27.01.2020).
EMERITAAT
Dr JSP Uys van Frankfort het op 31 Jan 2020 demissie by emeritaat ontvang. (JT Kemp, Ringskriba, 01.02.2020).
GOUDLAND
bevestiging
Prop Nicolaas Francois Jonker het die beroep na NG gem Bospoort aanvaar. Sy bevestiging met handoplegging het op 2 Februarie 2020 plaasgevind, deur ds Riaan Jonker. (Tersia Roux, Skriba, 21/01/2020).
NOORDELIKE SINODE
EMERITAAT
Ds GG Haumann van die NG gemeente Pietersburg emeriteer op 7 Maart 2020. Sy afskeidspreek was op 24 November 2019. (Ds Matie Horn, Ringskriba, 04.02.2020).
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
