Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘’n Voorgeskrewe werk vir almal’

Kry Styl – Jesus s’n
Stephan Joubert
Uitgewer: Lux Verbi, 2019


Wanneer ’n boek van Stephan Joubert op jou lessenaar land, weet jy by voorbaat dat hier ’n opwindende lees wag. Kry styl – Jesus s’n is tipies van Joubert se boeke: die innemende styl en inhoud maak dit maklik om te lees en moeilik om neer te sit.

In hierdie boek fokus Joubert op die manier(e) waarop Christene uitreik na die wêreld. Met elegansie nooi hy sy lesers om stylvolle Christene te wees wat (met Jesus se styl) ’n aansteeklike geloof leef. “Jy is geroep om ontmoetings met Jesus te reël, nie uitkomste nie”, is maar een van die treffende uitgangspunte wat gelowi­ges uitdaag om intensioneel stylvol te getuig. Uiteindelik gaan dit oor dissipelskap. Wat is die wese daarvan om ’n volgeling van Christus te wees? Hoe lyk dit, wat behels dit? Op sy ken­merkende manier, vol aangry­pen­de metafore en roerende stories, neem Joubert sy lesers tot by die diep­tepunt(e) van Jesus-volgeling wees. Wat Joubert bied, lyk bedrieglik eenvoudig, maar boor diep. Die eenvoud maak dit nie net toeganklike lees-stof nie, maar ook toeganklike leef-stof.

In ’n wêreld waar “getuienis” en “evangelisasie” dikwels die vorm van stryd en stryery aanneem, waar Christenskap dikwels vir politieke ge­win gekaap word en waar die kerk al dieper selfondersoek doen na haar missionale identiteit, bied Joubert die “basics” weer op ’n besondere manier aan. Vir gelowiges of gemeentes wat weer (of steeds) dink aan hulle basie­se kernroeping as getuies, bied hierdie boek ’n kosbare bron. Ek sou nie omgee as dit voorgeskrewe werk vir ons almal word nie!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top